Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tier een van voorste vegters in Pro14

Na slegs twee weke in die Pro14-reeks is Tier Schoeman, die Cheetahs se vuurvreter-flank, een van drie spelers wat gesamentlik die derde plek vir die meeste duikslae beklee.

Tier Schoeman is die Cheetahs se voorste verdediger in die Pro14-reeks. Foto: Gallo Images

Schoeman, Zander Fagerson en Tim Swinson van Glasgow Warriors het elk 31 duikslae in hulle spanne se eerste twee wedstryde gemaak.

Adam Ashe, ook van Glasgow Warriors, is met 38 duikslae boaan die lys.

“Ek het nie eens daarvan geweet nie, maar nou wil ek eerste wees. Verdediging is een van die aspekte van my spel waarvoor ek verantwoordelikheid neem, maar dit is goed om te hoor dat ek die derde meeste duikslae gemaak het,” sê Schoeman.

Hy is vroeër vanjaar die skrik op die lyf gejaag toe hy tydens die Cheetahs se toer in Nieu-Seeland in die Superrugby-reeks met trombose in die hospitaal opgeneem is.

Schoeman moes vir amper ’n maand in Nieu-Seeland agterbly terwyl die span hul toer voortgesit en na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy het intussen herstel, maar weet dat hy vir die res van sy lewe daarmee opgesaal sal sit.

Tier Schoeman is nie net ’n goeie verdediger nie, maar ook ewe goed op die aanval. Foto: Gallo Images

“Ek het eers die erns daarvan besef toe die dokters dit aan my verduidelik het. Ek voel nou 100% reg, maar ek het groot geskrik.”

Die Cheetahs se Pro14-reeks het nie afgeskop soos hulle gehoop het nie en het twee groot loesings teen Ulster en Munster op die lyf geloop, maar Schoeman sê hoe gouer hulle daarvan vergeet, hoe beter.

“Ek dink elke speler moet aanspreeklikheid aanvaar vir die duikslae wat hy moet maak en wat hy mis. Jy plaas jou liggaam op die spel vir jou span en as jy dit nie wil doen nie, dan moet jy jouself afvra of jy tevrede is,” sê Schoeman.

Hy besef dit kan vorentoe in die Pro14-reeks moeiliker raak, maar hy glo die Cheetahs kan hul kop optel na die eerste weke in die reeks.

“Ons kan nie meer sê ons is besig om te groei nie, maar ons gaan dit regkry.”

Hy sê hulle sal op veral die tegniese aspekte van Europese rugby moet fokus, dan sal dit met hulle baie beter gaan.

Die naweek se wedstryd teen Zebre wil die Cheetahs aan die wenkant kom en die feit dat albei die spanne hul eerste twee wedstryde verloor het, gaan dit geensins makliker maak nie, sê hy.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.