Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Toe was daar nie plek vir telling teen Ikeys
Guy Alexander, Ikeys se agtsteman, soek ondersteuning van ’n spanmaat in gister se stryd teen Tuks. Foto: SASPA | Thys Lombard

Kaapstad. – ’n Hele paar groot geeste van Ikeys-rugby sou Maandag in hul grafte gedraai of hul koppe in skaamte laat hang het oor die nederlaag van 25-100 teen Tuks hier in die Kaapstad-stadion.

Die Ikeys sal nou hul status as Varsitybeker-span in ’n promosie-relegasie-uitspeelwedstryd moet verdedig. Te oordeel na Maandag se vertoning, is daar selfs teen swakker teenstand vir die Ikeys nie veel hoop nie.

Hulle het soms verdedig soos die skoner geslag in wedstryde wat laerskoolseuns en -meisies pouses teen mekaar speel.

Tuks verdien baie krediet vir ’n puik vertoning.

Die enigste kritiek is dat hulle in die tweede helfte ’n uiltjie gaan knip het nadat hulle met die omdraaislag reeds met 63-7 voor was.

Hul linkervleuel, Duhan van der Merwe, het ’n allemintige ses drieë gedruk en lyk soos ’n man wat op ’n hoër vlak sy man sal kan staan.

Dinge het elke keer gebeur wanneer hy in besit gestel is.

Sy eerste drie drieë is tussen die 12de en 22ste minuut in die eerste helfte aangeteken en die res in die laaste kwart.

Die grootste vernedering was nadat Marthinus de Beer se strafdoel in die doodsnikke die telbord laat aanrol het. Daar was egter nie plek vir drie syfers nie en die 1 moes bo twee nulle op die telbord pryk.

Vir die Ikeys het hul agtsteman en kaptein, Guy Alexander, en losskakel, Thomas Bednall, hard teen die oormag gespook.

Van ’n spanpoging was daar egter nie sprake nie – ’n hartseer stand van sake vir ’n universiteit wat twee seisoene gelede nog die Varsitybeker-kroon gedra het.

  • Duhan van der Merwe (7, 9, 9, 7, 7, 9), Andries Swanepoel (7), Ruan Steenkamp (5), Marthinus de Beer (5), Clyde Davids (9), Jan Enslin (5). Doelskoppe: Joshua Stander (12), De Beer (6). Strafdoele: De Beer (3). Ikeys 25 (7): Drieë: Mark Prior (7), Thomas Bednall (9, 9).

Meer oor:  Varsitybeker  |  Ikeys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.