Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Toets wys wat Bokke en Rose kan vermag

Rugby slaan ’n nuwe rigting in, en spanne moet nou minstens drie drieë in ’n toets kan druk as hulle met die bestes in die wêreld wil meeding.

Daarom glo Jeremy Guscott, ’n voormalige senter van Engeland en die Britse en Ierse Leeus, dat die eerste toets tussen die Rose en die Springbokke Saterdag op Ellispark ’n uitstekende advertensie vir die sportsoort was.

Jeremy Guscott / Foto: Gallo Images

Guscott was Donderdagoggend saam met die oud-Bokstut Toks van der Linde en die kommentator Matthew Pearce die gassprekers ten tyde van ’n spesiale uitsending van die Bloemfonteinse radiostasie OFM. Dié uitsending is in samewerking met SuperSport aangebied as deel van die aanloop tot die tweede toets, wat Saterdag in Bloemfontein beslis word.

“Die afgelope tien jaar of so was rugby op verdediging geskoei. Verskeie rugbyligasterre het daardie invloed saam met hulle gebring, want verdediging is vir hulle baie belangrik,” het Guscott gesê.

“Almal jaag die All Blacks, maar as jy hulle wil klop, moet jy minstens drie drieë in ’n toets kan druk.”

Dié voormalige senter sê die eerste toets op Ellispark was ’n puik voorbeeld van hoe goed ’n toets tussen twee van die beste spanne in die wêreld kan wees.

“Wanneer laas het jy sewe drieë in een helfte van internasionale rugby gesien? Eddie (Jones, Engeland se breier) sal gereeld sê hy het die span nie goed genoeg voorberei vir ’n toets as hulle verloor nie. Ek dink nie dít was Saterdag die geval nie.

“Engeland het vreeslik baie strafskoppe afgestaan, daar was meer individuele foute as spanfoute aan Engeland se kant. Die Springbokke het straks meer spanfoute begaan in daardie eerste 20 minute. Eddie sal byvoorbeeld vir Maro Itoje sê om Saterdag nie soveel individuele aandag aan Faf de Klerk te gee nie.

Die afrigter sal hoop hy kry sy span tot so ’n mate opgesweep dat hulle die toets in Bloemfontein met 15 punte kan wen. Dit sal goed wees uit ’n media-oogpunt as die toets in Kaapstad ’n beslissende een is.

“Maro het Faf oral op die veld rondgejaag en hom met ’n paar skelmstreke bygekom. Hy het hom bykans verswelg net voordat Faf sy drie gedruk het.

“Eddie sal vir Maro aansê om Saterdag eerder dít te doen waarvoor hy bekend is, om met die bal te hardloop en om groot duikslae uit te voer.

“Die afrigter sal hoop hy kry sy span tot so ’n mate opgesweep dat hulle die toets in Bloemfontein met 15 punte kan wen. Dit sal goed wees uit ’n media-oogpunt as die toets in Kaapstad ’n beslissende een is,” sê hy.

Guscott het ook verwys na die grootsheid van die oomblik toe Siya Kolisi die span op die veld gelei het.

“Daar was soveel aandag op hom omdat hy die eerste swart speler geword het om die Bokke in ’n toets aan te voer.

“Om te midde van al daardie aandag die span op so ’n merkwaardige wyse kalm te hou is uitstekend. Hy het puik gevaar.”

Meer oor:  Bokke  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.