Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tonga bied Folau WB-hoop vir 2023

Tonga is gretig om die verstote Wallaby-ster Israel Folau te betrek met die oog op ’n plek in sy groep vir die Wêreldbekertoernooi in 2023, sê Toutai Kefu, die span se afrigter.

Rugby Australië het verlede maand die voormalige Wallaby-heelagter, met ’n Tongaanse erfenis, se lonende kontrak van vier jaar opgeskeur weens onder meer homofobiese uitsprake op sosiale media.

Toutai Kefu, afrigter van Tonga. Foto: Getty Images

Folau (30), ’n stoere Christen, beveg die besluit in die hof.

Hy het 73 toetse vir die Wallabies gespeel en sal eers verkiesbaar wees vir Tonga nadat hy drie jaar se internasionale rugby misgeloop het en hom verbind om te kwalifiseer vir die Suidsee-eilandspan se Olimpiese sewesrugbyprogram.

Kefu, wat in 60 toetse vir Australië uitgedraf het, sê dit sal die wag werd wees.

“Ons sal hom met ope arms verwelkom,” sê Kefu.

“Hopelik sal hy met die volgende Wêreldbekertoernooi vir ons beskikbaar wees. Dit is nog lank, so ons sal bietjie wag dat die stof gaan lê rondom sy jongste kwessies.

“Ons weet nie eens of hy weer gaan speel nie, hy moet sy planne nog bevestig, so ons sal bietjie wag en dan die moontlikhede oorweeg.”

Folau se kontrak met sy Superrugby-franchise, die Waratahs, het ook weens sy uitlatings op sosiale media in die slag gebly. Sy 24-jarige broer, John, het uit solidariteit met sy broer die Sydney-span verlaat.

John Folau, ’n vleuel, het in 2014 ’n internasionale rugbyligawedstryd vir Tonga gespeel voordat hy verlede jaar sy broer na die 15-man-spel gevolg het.

Kefu sê John Folau is “vir seker op Tonga se radar” en kan dalk selfs reeds volgende maand in ’n toetsreeks teen Samoa, Fidji, Japan, die VSA en Kanada vir die Suidsee-eilandspan uitdraf.

– Reuters

Meer oor:  Israel Folau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.