SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Tongaanse rugbyspan in kwarantyn
Toeskouers by die wedstryd tussen Nieu-Seeland en Fidji by die Oseaniese kampioenskap. Foto: Getty Images

Die uitbreking van masels in die Suidsee het veroorsaak dat Tonga se vrouerugbyspan in kwarantyn geplaas en aan die Oseaniese kampioenskap in Fidji onttrek is.

Die besluit dat die span tot 4 Desember in kwarantyn geplaas moet word, is as voorsorgmaatreël geneem nadat ’n uitbreking van masels op verskeie Suidsee-eilande plaasgevind het.

Skole is gesluit en openbare byeenkomste word verbied nadat verskeie sterfgevalle aangemeld is.

Skole is gesluit en openbare byeenkomste word verbied nadat verskeie sterfgevalle aangemeld is.

Die ministerie van gesondheid in Tonga het verlede week gesê dat die uitbreking van masels plaasgevind het nadat ’n groep Tongaanse rugbyspelers van Nieu-Seeland teruggekeer het. Daar is reeds 251 mense wat die siekte opgedoen het.

Tonga se vrouerugbyspan was veronderstel om van 18 tot 30 November aan die toernooi in Fidji deel te neem, wat as kwalifiserende toernooi vir die 2021 Wêreldbeker-toernooi dien.

Die besluit om die span in kwarantyn te plaas, is deur Fidji se ministerie van gesondheid en die Wêreldgesondheidorganisasie geneem.

“Daar bestaan ’n gevaar dat die spanne teen wie hulle te staan kom en enige ander mense met wie hulle in aanraking sou kom, aangesteek kan word, sê dr. Aalisha Sahukan van Fidji se departement van gesondheid in ’n verklaring. – Reuters

Meer oor:  Tonga  |  Fidji  |  Kwarantyn  |  Rugby  |  Vroue-Rugbyspan  |  Toerm Masels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.