Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Top14-prys wink vir Bok-buks Kolbe
Cheslin Kolbe vier sy pragdrie teen die Engelse in Saterdag se WB-eindstryd. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Wêreldbeker- (WB) wenner Cheslin Kolbe is op die kortlys ingesluit vir die Franse Top14-liga se Speler van die Seisoen-eerbewys.

Kolbe (26) herinner die rugbywêreld reeds die hele jaar lank daaraan dat die grootste gif soms in die kleinste botteltjies kom. Hy het almal se respek verdien en was ook een van die ses benoemdes vir Wêreldrugby se Speler van die Jaar-eerbewys wat Sondag deur sy Springbok-spanmaat Pieter-Steph du Toit gewen is.

Kolbe het die afgelope seisoen ses drieë in 16 verskynings vir Toulouse gedruk. Die klub het in Junie die titel vir ’n rekord 20ste keer verower en Kolbe het ’n deurslaggewende rol in die span se oorwinningstog gespeel.

Rugby365 berig die Bok-held, wat Saterdag in die WB-eindstryd teen Engeland ’n skitterende drie aangeteken het, sluit hom aan by sy klub-spanmaat Antoine Dupont, en Clermont se Damian Penaud op die kortlys.

Hy is boonop saam met Penaud en Fidji se Bordeaux-Begles-senter Semi Radradra benoem vir die prys vir die beste Franse gebaseerde speler in die WB-toernooi.

Die toekenningsgeleentheid word op 25 November in Parys gehou.

“My pa het altyd toe ek jonk was vir my gesê ek is nie die grootste seun op die veld nie, so ek moet seker maak ek gee altyd daardie ekstra 1%,” het hy Dinsdag gesê kort nadat die Bokke as Wêreldbekerkampioen in Suid-Afrika geland het.

“Tot vandag toe is dit hoe ek my rugby benader. Dit kan skrikwekkend wees as ek moet speel teen ’n vleuel wat 100 kg weeg, of wat soms dubbeld my gewig is, maar vir my is dit eerder ’n geleentheid om daardie mense verkeerd te bewys wat glo jy is te klein vir rugby.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Cheslin Kolbe  |  Bokke  |  Top14  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby  |  Toulouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.