Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Toulon gaan James O’Connor skors

Toulon gaan die Wallaby-stoutseun James O’Connor skors, en ’n verlenging van sy kontrak is buite die kwessie, sê die Franse rugbyklub se president, Mourad Boudjellal.

Toulon se president, Mourad Boudjellal. Foto: Getty Images

O’Connor (26), ’n veelsydige agterspeler wat 44 toetse vir Australië gespeel het, en die voormalige All Black Ali Williams (35) is Saterdagoggend in Parys in hegtenis geneem, nadat hulle glo met kokaïen in hul besit betrap is.

Hulle is Saterdag omstreeks 05:00 buite ’n nagklub in Place de l’Etoile, naby die Champs-Élysées voorgekeer en het volgens ’n polisiewoordvoerder 2 g kokaïen by hulle gehad. Hulle is Sondag vrygelaat.

Williams sal na verwagting later in die hof verskyn en O’Connor sal ’n boete vir die besit van kokaïen opgelê word.

“Hy sal nie ’n skorsing vryspring nie,” het Boudjellal, ’n strokiesprentmagnaat, aan die Franse koerant Le Figaro gesê.

“Hy is ’n jong man met probleme, hy is 26. Ek gaan hom ook nie vermoor nie. Watter besluit ek ook al neem, ek sal alles in ag neem en probeer om hom nie skade te berokken nie.”

Volgens Boudjellal het O’Connor se botsing met die gereg “die debat oor die verlenging van sy kontrak opnuut laat opvlam”.

“Ons is nie op ’n plek waar ons dit sal verleng nie. Ons sal die seisoen probeer bestuur, maar ek wil hom nie ooreis nie,” sê hy.

Williams, wat tussen 2002 en 2012 altesaam 77 keer vir die All Blacks uitgedraf het, is die naweek deur sy klub, Racing 92, geskors.

James O’Connor in aksie vir Toulon. Foto: Getty Images
Toulon se nuutste aanwins, Ben Barba. Foto: Getty Images

Boudjellal sê hy dink die gebruik van kokaïen het die norm in Franse rugby geword.

“Dit is my opinie, ek het geen bewyse nie, maar ek is onder die indruk dat dit goed in die rugbymilieu gevestig is omdat alkohol nie meer genoeg is nie.

“En dit is ’n slegte ding. Ons het die alkohol-vlak gehad, nou is dit ’n trappie hoër, want kokaïen is ‘feestelik’ en verdwyn vinnig.

“Dit moet einde kry. So, ek wil weet of dit ’n geïsoleerde voorval was en of daar ander spelers is wat van kuier hou.”

Boudjellal se uitlatings kom weke nadat die klub ’n kontrak met Ben Barba gesluit het, ’n speler wat vir 12 wedstryde deur Australië se Nasionale Rugbyliga (NRL) geskors is nadat hy positief vir die gebruik van kokaïen getoets is.

Barba het saam met sy spanmaats feesgevier nadat die Cronulla Sharks verlede jaar die kampioenskap gewen het.

– Reuters

Meer oor:  Toulon  |  Mourad Boudjellal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.