Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Toulon glo op Etzebeth se spoor, maar . . .

Hoewel verskeie Franse publikasies vandeesweek bespiegel het dat Eben Etzebeth hom ná volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi by die Franse klub Toulon kan aansluit, was dié groot Springbok-slot Vrydag geheimsinnig oor sy toekomsplanne.

Eben Etzebeth verlede week teen die Wallabies in aksie. Dié slot sê sy grootste begeerte is om vir die Bokke te bly speel. Foto: Getty Images

“Ek is nog tot 2019 gekontrakteer,” is al wat dié 26-jarige wou sê oor die gerugte dat Toulon bereid sal wees om R17 miljoen per jaar vir sy dienste te betaal.

“ ’n Mens sal eers daarna (die WB-toernooi) moet sien of ek bly en of ek oorsee gaan speel. Solank ek net vir Suid-Afrika kan speel, dis my hoofdoel. Dit maak nie saak waar ek is nie.

“Ek is lief vir Suid-Afrika. Ek is ook lief vir my familie en Kaapstad. Ek het nie vroeër geskuif nie aangesien ek nie seker was of ek vir die Bokke sou kon speel nie.

“Dis my droom om vir die Bokke te speel. Ek wil dit lewend hou.”

Indien Etzebeth wel besluit om Toulon sy tuiste te maak einde volgende jaar, sal hy die voorbeeld van spelers soos Bakkies Botha, Danie Rossouw, Bryan Habana en Duane Vermeulen volg, wat ook vir dié Franse klub gespeel het.  

Meer oor:  Toulon  |  Bokke  |  Eben Etzebeth  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.