Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Transformasie-prys vir Springbokke
Mark Alexander, president van SA Rugby. Foto: Gallo Images

Die Springbokke se oorwinning in die 2019-Wêreldbeker en sy toewyding aan transformasie is Vrydagaand met ’n prys van die Swart Bestuursforum (BMF) in Johannesburg beloon.

SA Rugby se president, Mark Alexander, het die prys namens die organisasie ontvang, met pres. Cyril Ramaphosa wat die hoofrede by die geleentheid gelewer het.

Die BMF se president, Andile Nomlala, het SA Rugby geprys dat hy “die deur oopgemaak het vir betekenisvolle transformasie in sport.

“Gegewe die historiese wortels van rugby en hoe dit in die verlede sommiges uitgesluit het, het die oorwinning in die Wêreldbeker die deur oopgemaak vir meer betekenisvolle transformasie in sport,” het Nomlala gesê.

Nomlala het ook die keuse van Siya Kolisi as Bok-kaptein geloof. Hy het gesê dit het “strale van hoop dwarsdeur die land laat skyn” en wat herinner aan oudpres. Nelson Mandela se woorde dat “sport hoop skep waar wanhoop woonagtig was”.

Kolisi se rol was inspirerend en progressief, omdat hy ’n meer verteenwoordigende span na die oorwinning gelei het. 

Meer oor:  Transformasie  |  Springbokke  |  Toekenning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.