Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Transgender-vroue kan trekpas kry
Wêreldrugby het bevind sy transgender-beleid ‘is nie geskik vir die doeleindes’ nie. Foto: Facebook

Transgender-vroue kan verhoed word om in rugbytoernooie mee te ding weens vrese oor veiligheid en die moontlikheid van regsaksie.

The Guardian berig dié aanbeveling is gemaak ná Wêreldrugby se oorsig van sy transgender-beleid – wat trans-vroue toelaat om vrouerugby te speel mits hulle hul testosteroonvlakke vir minstens 12 maande verlaag soos voorgeskryf deur die Internasionale Olimpiese Komitee – bevind het die beleid was nie “geskik vir die doeleindes nie”.

Volgens Wêreldrugby bevestig navorsing die verlaging van testosteroon “lei nie na ’n eweredige verlaging in massa, spiermassa of krag nie” en daarom bied dit ’n “duidelike veiligheidsrisiko” wanneer trans-vroue rugby teen ander vroue speel.

Trans-mans sal egter toegelaat word om saam met ander mans mee te ding, mits hulle aan ’n fisieke beoordeling onderwerp word en ’n vrywaringsvorm onderteken.

’n Proefdokument is saamgestel en aan die verskillende nasionale beheerliggame gestuur vir ’n konsultasieproses voor Wêreldrugby se raadsvergadering in November, die eerste internasionale sportbeheerliggaam om so te maak.

Die verwikkelinge volg op ’n geskiedkundige werkswinkel oor trans-deelname in die sport in Februarie wat deur kenners van sosiale etiek, reg, die wetenskap en medici bygewoon is.

Die bevindings, insluitende dat vrouespelers ’n “20-30% groter kans staan om beseer te word wanneer hulle deur iemand platgeduik word wat deur mans-puberteit was”, is deur alle partye aanvaar.

Onlangse studies toon ’n groot gedeelte van die tipiese verskille tussen biologiese mans en biologiese vroue volhard selfs nadat testosteroonvlakke verlaag is.

Dr Nicola Williams, direkteur van die vroueregtegroep Fair Play For Women, het Wêreldrugby geprys vir sy “dapperheid en integriteit” deur die kwessie prontuit te takel.

“Hulle skep die geleentheid vir oop, deursigtige en eerbiedige dialoog wat betref ’n polities-sensitiewe onderwerp en kombineer dit met ’n nougesette data-analise.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Wêreldrugby  |  Transgender  |  Vrouesport  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.