Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Treklus van Kaapse vories geblus

Op papier sal die Stormers volgende jaar die mededingendste agttal van al die Suid-Afrikaanse Super-franchises hê, nadat JD Schickerling óók besluit het om in die Kaap te bly.

Die Kapenaars sal hul pak om hom, Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi, Frans Malherbe, Wilco Louw, Siya Kolisi en Pieter-Steph du Toit kan bou. Du Toit en Kolisi kan wel vorentoe korttermynkontrakte in Japan sluit, maar in die proses tog vir die WP behoue bly.

JD Schickerling is een van die groentjies in die Springbok-toergroep wat reeds Saterdagaand na Engeland vertrek het. Foto: Gallo Images

Die verlenging van Schickerling se kontrak sal as ’n uiters positiewe stap beskou word deur John Dobson, wie se aanstelling as hoofafrigter in Robbie Fleck se plek glo ’n yslike invloed op bogenoemde spelers se besluitneming gehad het.

Oorsese klubs het belang gestel in die 23-jarige Schickerling, maar dit was vir die Stormers belangrik dat hy bly – veral omdat Eben Etzebeth besluit het hy gaan ná die Wêreldbekertoernooi na die Franse klubspan Toulon.

Schickerling speel al van 2014 vir die Westelike Provinsie en van 2016 af vir die Stormers.

Terwyl die Stormers in ’n posisie is om aanstaande jaar mededingend te wees, sal daar in Haai-, Bul- en selfs Leeu-geledere groot kommer oor die krag van hul voorspelers heers met die oog op 2020 se Superreeks.

Die Haaie sal dan sonder Akker van der Merwe, Coenie Oosthuizen (albei Sale Sharks), Ruan Botha (Kubota Spears), Jacques Vermeulen (Exeter Chiefs) en Philip van der Walt (Newcastle Falcons) moet klaarkom.

Die Bulle verloor ’n rits voorspelers (sien elders) en die Leeus se diepte word voorlangs met Stephen Lewies se vertrek na Harlequins uitgedun.

Onsekerheid bestaan ook nog oor Malcolm Marx en Carlu Sadie se beskikbaarheid.

  • Nog goeie nuus vir WP-ondersteuners is dat die vaskopstut Carlu Sadie voor die Curriebeker uit Johannesburg na die Kaap moet terugkeer.

Die WP leen hom tans aan die Leeus, maar gaan hom in die Curriebeker benodig met minstens Malherbe wat weens Wêreldbeker-verpligtinge nie vir die reeks beskikbaar is nie.

Louw is self ’n sterk aanspraakmaker op ’n plek in die Wêreldbekergroep, wat beteken dat die WP op stutte soos Sadie en Neethling Fouché sal moet steun.

Die Leeus sal Sadie waarskynlik ná sy goeie spel in die Superreeks wil behou, maar dis onwaarskynlik dat die Kapenaars voor 2020 ’n oordragfooi uit Johannesburg sal oorweeg.

  • Die WP blyk nie in ’n geldelike posisie te wees om Fleck volgende jaar in ’n ander hoedanigheid by die unie te behou nie.

Die Fleck-kamp het in ’n sta­dium gehoop dat hy sekere van Gert Smal se pligte sal oorneem. Soos sake tans staan, sal hy egter ander opsies moet oorweeg.

  • Ofskoon die WP danksy Dobson se bydrae groot vordering met die kontraktering van hul voorspelers gemaak het, kon hulle nog nie hul onderhandelinge met Damian Willemse oor die wenstreep kry nie. Willemse se markwaarde het verhoog, wat ’n groter kontrak beteken.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.