Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Treu-ondersoek werp skadu by WP
Paul TreuFoto: Gallo Images

Die Westelike Provinsie se voorbereiding vir Saterdag se belangrike Curriebeker-rugbywedstryd teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld is vandeesweek deur die ondersoek na die Paul Treu-voorval oorskadu.

Senior Springbokke, asook topspelers in die WP-span, is in ’n vertrek enkele meter van die oefenveld af deur ’n ondersoekbeampte uitgevra oor die inhoud van ’n verslag wat deur ’n gegriefde Treu saamgestel is oor sy ervaringe in die Stormers se bestuurspan in die Superreeks.

Volgens betroubare bronne het die kwessie van rassisme ook ter sprake gekom.

Daar is nou kommer oor hoe dit die WP se vertonings kan raak in die pylvak van hul CB-veldtog.

Treu het in Julie uit ’n hersieningsvergadering van die Stormers se mislukte Superrugby-veldtog gestorm en glo gesê dat hy “genoeg daarvan gehad het om sleg behandel te word en dit nie meer gaan vat nie”.

Hy verwys glo in sy verslag van 26 bladsye onder andere na voorvalle waar hy meen hy die slagoffer van uitsluiting en diskriminasie was.

Hy verwys glo in sy verslag van 26 bladsye onder andere na voorvalle waar hy meen hy die slagoffer van uitsluiting en diskriminasie was.

Volgens Netwerk24 se bronne sluit dit in wanneer van sy insette geïgnoreer was en hy in spanvergaderings in die rede geval is.

Treu en die Nieu-Seelandse hulpafrigter, Paul Feeney, se portefeuljes as hulpafrigters het oorvleuel en die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, het glo die Kiwi se insette na groter waarde geskat.

Paul FeeneyFoto: Gallo Images
Robbie FleckFoto: Gallo Images

Feeney sal waarskynlik aanstaande jaar nie meer ’n lid van die Stormers se bestuurspan wees nie. Die WP het hom toestemming gegee om met ander moontlike werkgewers te onderhandel en daar word betroubaar verneem dat hy verlede week in Wallis was.

Dis ook hoogs onwaarskynlik dat Fleck en Treu weer saam sal kan werk. Treu is betrokke by die afrigting van die WP se o.21-span en soos sake staan, is Fleck nog in die saal as afrigter van die Stormers.

Tensy Fleck op sy eie besluit om te loop, is die verwagting dat lede van die WP se afrigtingspan hom sal bystaan.

Spelers geniet dit so om onder die WP se Curriebeker-afrigter, John Dobson, te speel dat van hulle nou hul kontrakte wil verleng.

Agter die skerms is die WP ’n prentjie van wispelturigheid. Daar is op raadsvlak groot verdeeldheid in die aanloop na die WP se jaarvergadering aanstaande maand.

Netwerk24 het by bronne verneem dat daar ’n faksie is wat die uitvoerende hoof, Paul Zacks, doelbewus dwarsboom tot ’n punt waar dit moontlike inkomstestrome vir die WP belemmer.

Daar word bespiegel dat die WP se geld aan die einde van dié maand op kan wees. Die sowat R44 miljoen wat die WP aan die einde van 2016 by die sakereus Remgro geleen het, gaar nou al vir twee jaar rente op teen primakoers.

Daar word bespiegel dat die WP se geld aan die einde van dié maand op kan wees. Die sowat R44 miljoen wat die WP aan die einde van 2016 by die sakereus Remgro geleen het, gaar nou al vir twee jaar rente op teen primakoers.

Die WP Rugbyunie hou op 26 November verkiesing vir nuwe ampsdraers met Thelo Wakefield se termyn as president wat verstryk.

Sy adjunk, Zelt Marais, en die sakeman en nasionale keurder, Peter Jooste, gaan glo in die wedloop om die presidentskap wees.

Ondanks al die woelinge agter die skerms, kan dit op die veld met die WP beswaarlik beter gaan. Die Kapenaars speel straks die aantreklikste rugby sedert Dawie Snyman se Streeptruie die Curriebeker van 1982-’86 vyf keer agtereenvolgens verower het.

Dis reeds seker dat die WP aanstaande week ’n tuishalfeindstryd gaan speel. Die Streeptruie kan Saterdag op Loftus teen die Blou Bulle seker maak dat hulle boaan die puntelys eindig, wat die unie die finansiële inspuiting van ’n tuiseindstryd kan gee as hulle aanstaande week wen.

Meer oor:  Robbie Fleck  |  Paul Feeney  |  Zelt Marais  |  Paul Treu  |  Kaapstad  |  President  |  Afrigter  |  Rugby  |  Diskriminasie  |  Geldnood  |  Wp Rugbyunie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.