Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP se Paul Treu plaas griewe op skrif

Paul Treu is nog nie klaar baklei oor die wyse waarop hy “uitgesluit” is deur die res van die Stormers se afrigterskorps in vanjaar se Superrugby-reeks nie.

Paul Treu. Foto: Gallo Images

Inteendeel, die voormalige afrigter van Suid-Afrika se nasionale sewesrugbyspan, het ’n verslag by die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) ingedien oor sy griewe.

Hy het by navraag gesê dat hy “nie die verslag gaan bevestig of ontken nie” en wou nie verder kommentaar lewer nie.

Piet Heymans, uitvoerende hoof van die vakbond Sport Employees Unite, het wel bevestig dat hy Maandag met Treu gaan vergader om sy griewe te bespreek.

“Paul het versoek dat ons hom bystaan. Ons vergader Maandag en sal daarna met die WP in verbinding tree oor die aangeleentheid,” het Heymans gesê.

Tot op hede kon die WP nie daarin slaag om die geskil tussen Treu en ander lede van die afrigtingspan – die hoofafrigter, Robbie Fleck en Nieu-Seelandse hulpafrigter, Paul Feeney – te besleg nie.

Die skeuring in die Stormers se bestuurspan het op die lappe gekom toe ’n woedende Treu in Junie uit ’n hersieningsvergadering van die Kaapse span se mislukte veldtog gestorm het.

Treu het glo gesê dat hy “genoeg daarvan gehad het om sleg behandel te word en dat hy dit nie meer gaan vat nie”.

’n Vergadering tussen lede van die Stormers se afrigtingspan en die WPRU se ringkoppe – die president, Thelo Wakefield, die uitvoerende hoof, Paul Zacks, en die direkteur van rugby, Gert Smal – is die week daarna gehou.

Daar het egter dadels van gekom nadat Treu met ’n regsverteenwoordiger by die vergadering opgedaag het.

Sedertdien was Wakefield vol vertroue dat die geskil besleg sal word, maar dit lyk nou asof dit eerder gaan uitkring.

Soos sake nou staan, sal Fleck – ondanks die Stormers se mislukte veldtog – aan sy pos vasklou, maar die vraag is watter invloed die Treu-kwessie op die samestelling van die res van die afrigtingspan gaan hê.

Fleck se kontrak as Stormers-afrigter verstryk eers aan die einde van volgende seisoen.

’n Versoek om kommentaar is aan die WPRU se president, Thelo Wakefield, gerig. Dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Wpru  |  Stormers  |  Paul Treu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.