Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Treu val weer by Fleck-hulle in ná uitval

Die Stormers gaan waarskynlik volgende jaar met presies dieselfde plofbare afrigtingskombinasie as vanjaar sit.

Hoewel die afrigters vir volgende jaar nog nie amptelik bekend gemaak is nie, het Rapport verneem die kanse is goed dat Robbie Fleck, hoofafrigter, en die hulpafrigters Paul Treu en Paul Feeney, almal weer in die afrigtingspan sal dien.

Paul Treu

Treu het vroeër vanjaar ’n bom laat bars toe hy gesê het hy het genoeg gehad daarvan om sleg behandel te word deur Fleck en Feeney.

WP het die afgelope week bekend gemaak dat Mendel Sass, die onafhanklike ondersoeker van Bowmans, bevind het dat Treu se bewerings van diskriminasie teen hom en dat die WP onregverdige arbeidspraktyk toepas, geen steek hou nie.

Sass se aanbevelings in die verslag is nie bekend gemaak nie.

Paul Zacks, uitvoerende hoof van WP Rugby, het nie op Rapport se navrae gereageer nie. Dit is nog onduidelik watter stappe die WP gaan doen om ’n herhaling van vanjaar se onmin te voorkom.

Rapport het betroubaar verneem dat Treu nie die verslag gaan betwis nie en dat hy reeds sedert sy terugkeer uit Japan, waar hy hul nasionale sewesspan bygestaan het, weer by die Stormers se voorseisoense oefening as afrigter ingeval het.

Feeney het glo onderhandel om hom volgende seisoen by die Scarlets in Wallis aan te sluit, maar dié skuif het die afgelope week glo deur die mat geval.

Treu is die enigste bruin afrigter in die Stormers-kamp en dis onwaarskynlik dat hy herontplooi kan word. Zelt Marais, nuwe president van die WP Rugbyunie, het vroeër in ’n onderhoud gesê daar gaan gekyk word om afrigters van kleur meer te bemagtig.

Meer oor:  Stormers  |  Paul Treu  |  Robbie Fleck  |  Paul Feeney  |  Afrigters  |  Poste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.