Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Trotse Gatland aan wenkant teen Crusaders

Die Chiefs se rugbyspan staan nie verniet bekend as die terugvegkonings van Nieu-Seelandse rugby nie.

Dit het die Chiefs, wat vanjaar afgerig word deur Warren Gatland, oudafrigter van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, gister in Hamilton weer gewys toe hulle die Cru­saders met 25-15 in ’n Superrugbywedstryd geklop het.

Sevu Reece, vleuel van die Crusaders, duik oor die Chiefs se Aaron Cruden in Hamilton. Foto: Getty Images

Die Crusaders was rustyd met 12-8 voor, maar hulle kon dit nie uitbuit nie en is ook van ’n bonuspunt weerhou.

Verlede jaar in Suva, Fidji, was die Crusaders ná net 20 minute met 20-0 voor teen die Chiefs in ’n Superrugby-wedstryd, voordat die Chiefs teruggeveg het om met 40-27 te wen.

Verlede week in Auckland teen die Blues was die Chiefs met 8-19 agter voordat hulle met 37-29 gewen het.

Ná gister se nederlaag het Scott Barrett, die Crusaders se kaptein, sy span byeengeroep en gesê hulle moet so gou as moontlik van die nederlaag vergeet, “want ons hou nie van verloor nie”.

Dit sal dwaas wees om die Crusaders, die tienmalige kampioen, af te skryf, want hulle begin selde goed.

Wat hy vergeet het om by te voeg, is dat die Chiefs ’n amperse houvas op sy span het, want hulle het in 2015, 2013, 2012 en 2007 albei hul wedstryde teen die Chiefs verloor.

Gister se wedstryd was fisiek met ’n hele paar opstootjies van albei spanne wat dit ontsier het.

Maar dit het die Chiefs soos ’n handskoen gepas, want waar hulle hierna op hul spel gekonsentreer het, kon die Crusaders nie daarmee vrede maak nie.

Dit was ook interessant om te sien hoe Gatland ná die kragmeting die eerste keer emosie getoon het toe hy met ’n glimlag blad met sy mede-afrigters geskud het.

Scott Robertson, die Crusaders se afrigter, was ’n bol senuwees soos hy oor sy handradio boodskappe probeer oordra het.

Dit sal dwaas wees om die Crusaders, die tienmalige kampioen, af te skryf, want hulle begin selde goed.

Maar om Ryan Crotty, Owen Franks, Sam Whitelock, Jordan Taufoa, Matt Todd en Kieran Read eensklaps te vervang, gaan groot eise aan Robertson stel.

  • Puntemakers: 

Chiefs 25 (8): Drieë: Solomon Alaimalo, Te Toiroa Tahuriorangi, Sean Wainui. Doelskoppe: Aaron Cruden (2). Strafdoele: Cruden (2).

Crusaders 15 (12): Drieë: Sevu Reece (2). Doelskoppe: David Havili. Strafdoel: Havili.

  • Die Blues het gister in Newcastle die Waratahs se groeipyne vererger toe hulle ’n powere wedstryd met 32-12 gewen het.
  • Die Brumbies het Vrydag in Canberra hul tiende opeenvolgende sege tuis behaal toe hulle die Rebels met 39-26 geklop het. – Sportredaksie en stuff.co.nz
Meer oor:  Crusaders  |  Chiefs  |  Warren Gatland  |  Superrugbywedstryd  |  Terugvegkonings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.