Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tugkomitee knip Dries se rugbyjaar kort
Dries Swanepoel se rugbyjaar het Woensdag tot ’n einde gekom nadat hy vir drie weke (wedstryde) geskors vir sy rooikaart-oortreding die afgelope naweek. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs se senter Dries Swanepoel sal nie vanjaar weer op die rugbyveld gesien word nie.

Hy is vir drie wedstryde geskors deur ’n tugkomitee van die Pro14-reeks nadat hy ’n rooikaart gekry het in die afgelope naweek se wedstryd teen Connacht in Ierland.

Swanepoel het in die 70ste minuut by ’n losgemaal ingeboender en die tuisspan se plaasvervanger-skrumskakel, Caolin Blade, uit die aarde geskouer.

Swanepoel is aanvanklik vir ses weke geskors, maar dit is tot drie weke verminder. Sy skoon rekord het daartoe gelei dat sy skorsing met die helfte verminder is.

Swanepoel sal Saterdag se wedstryd teen die Scarlets, volgende naweek s’n teen die Cardiff Blues en die laaste wedstryd van die kalenderjaar, op 30 November teen die Ospreys, misloop.

Die Cheetahs gaan nie teen die skorsing appelleer nie.

Dit is ’n terugslag om Dries te verloor, maar ek het dit verwag toe die voorval gebeur het.
Hawies Fourie

“Dit is ’n terugslag om Dries te verloor, maar ek het dit verwag toe die voorval gebeur het, so ek het nie gedink dat ons hom vir die volgende twee of drie wedstryde gaan hê nie,” het die Cheetahs se afrigter, Hawies Fourie, in reaksie hierop gesê.

Louis Fouché sal op binnesenter uitdraf en Benhard Janse van Rensburg sal na buitesenter skuif vir die wedstryd teen die Scarlets, soos die geval vroeër in die reeks teen Munster was.

Craig Barry / Foto: Gallo Images

Swanepoel sal reeds Donderdag na Suid-Afrika terugkeer en word deur Craig Barry op die toer vervang. Barry vlieg Donderdag Wallis toe, maar sal straks nie by die wedstryd betrokke wees nie. Hy sal waarskynlik eers vir volgende week se stryd teen Cardiff Blues oorweeg word.

“Ons het geoefen op die Cardiff Blues se kunsgras-veld en het eintlik ’n goeie sessie gehad. Dis egter jammer dat van ons bagasie in Dublin agtergebly het, wat beteken het dat agt spelers nie hulle toks en klere gehad het nie, maar ons het die beste van die saak gemaak,” het Fourie Woensdag uit Cardiff laat weet.

Mike Adamson van Skotland is die skeidsregter vir dié kragmeting.

* Die Cheetah-haker Joseph Dweba speel Saterdag in sy 50ste wedstryd vir die provinsie (Pro14, Superrugby en Curriebeker).

Meer oor:  Dries Swanepoel  |  Hawies Fourie  |  Cardiff  |  Bloemfontein  |  Geskors  |  Senter  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.