Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tuilagi se Leeus-toer in gedrang

’n Geskeurde haksening, wat Engeland se Manu Tuilagi ses maande langs die kantlyn kan hou, kan sy kanse beduiwel om in 2021 vir die Britse en Ierse Leeus teen die Springbokke te speel.

Manu Tuilagi kort nadat hy sy haksening geskeur het. Foto: Getty Images

Tuilagi (29), ’n senter, het die besering in sy klubspan, die Sale Sharks, se Premierliga-wedstryd Dinsdag teen Northampton Saints opgedoen.

Hy sal beslis nie vir die Rose se Sesnasies-wedstryd later vandeesmaand teen Italië of enige van die Nasiesbeker-toetse in November oorweeg kan word nie. Die kans is skraal dat hy in 2021 se Sesnasies-toernooi sal kan speel.

Dít beteken dat hy weinig kans gaan hê om Warren Gatland, die Leeus se afrigter, voor die toer op die toetsverhoog te beïndruk.

Steve Diamond, die Sale Sharks se direkteur van rugby, het op ’n nuuskonferensie gesê dat Tuilagi ’n operasie sal moet moet ondergaan.

Tuilagi, ’n boorling van Samoa, het vir die Leicester Tigers uitgedraf voordat hy vanjaar ’n nuwe tuiste in Manchester gevind het.

Hy het in 2013 saam met die Leeus na Australië getoer, waar hy in drie wedstryde, teen die Force, Reds en Rebels, gespeel het. In die derde toets, wat die besoekers met 41-16 gewen het, het hy as plaasvervanger speelkans gekry.

Tuilagi was nie die enigste ongeval in die wedstryd teen Northampton nie, met sy Engelse spanmaat, die veelsydige voorspeler Courtney Lawes (Saints), wat ’n enkelbesering opgedoen het.

Engeland begin sy veldtog in die Nasiesbeker (’n reeks waarin die Sesnasies-lande, Georgië en Fidji gaan deelneem) op 14 November. Die Rose pak Georgië dan op Twickenham.

Die Leeus se eerste wedstryd op hul toer in 2021 in Suid-Afrika is op 3 Julie teen die Stormers in Kaapstad. – Reuters, Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.