Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tuis ‘steeds voordeel’ vir Bokke

Tuisveldvoordeel sal steeds in die reeks tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus tel al sou die toetse voor leë paviljoene gespeel moet word.

“Die enigste element van tuisveldvoordeel wat jy werklik verloor, is jou tuisskare,” sê Eugene Henning, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse spelersvereniging, MyPlayers.

“Maar die res is steeds bekend aan die spelers – die velde, die toestande, kos, klimaat, die kulture, die oefengeriewe, roetes tussen die hotel en stadion, ens.

“Daarin moet ongetwyfeld ’n voordeel wees. As ons die Sesnasies-reeks en die twee sterkste spanne vanjaar as voorbeeld kan gebruik, het Wallis albei hul tuiswedstryde in ’n leë stadion gewen, en Frankryk het die onoorwonne Walliesers verlede naweek in die doodsnikke in Parys geklop.

Eugene Henning
Eugene Henning Foto: Photo24

“Die gehalte van die rugby in vanjaar se Sesnasies-reeks was ook uitstekend, ondanks die leë sitplekke, en die sterkste spanne het hul tuisveld steeds as ’n soort fort ingespan.”

Weens die Covid-19-pandemie is dit nog onseker of enige toeskouers by die toetse tussen die Bokke en Britse Leeus toegelaat sal word.

Mark Alexander, president van SA Rugby, het wel onlangs in ’n skrywe aan die sportminister, Nathi Mthethwa, die versoek gerig dat 50% van die toeskouers tydens die toetse in die reeks mag terugkeer.

Mthethwa het gesê dat SA Rugby en ander sportfederasies eers hande met Saskok moet vat om protokolle vir die terugkeer van toeskouers op te stel.

Eers daarna sal die nasionale Covid-19-komitee besluit of daar toeskouers by die toetse tussen die Bokke en Britse Leeus toegelaat sal word.

Henning, ook ’n lid van Jacques Nienaber se bestuurspan waar hy verantwoordelik vir speleraangeleenthede en -welvaart is, meen die Bokke self is verheug dat die reeks in Suid-Afrika aangebied word.

“Ja, dit is die duidelike afleiding (dat hulle positief oor die week se aankondiging is) wat ons sover in informele gesprekke kon maak. Dit is vir die spelers gemakliker om in Suid-Afrika te speel as om vir ’n paar weke aaneen in buitelandse bioborrels te moet werk.

Meer oor:  Eugene Henning  |  Toeskouers  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.