Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tuks byt vas in naelbyter teen Pukke
Die Tuks-skrumskakel Theo Maree laat loop die bal in Maandag se kragmeting met die Pukke. Foto: SASPA/Catherine Kotze

Of die Tukkies die beste span op die veld was, is oop vir debat, maar die telbord in die Tuks-stadion het Maandagaand gewys die tuisspan het net genoeg teen die Pukke gedoen om vir sy vyfde eindstryd in die Varsitybeker-rugbyreeks te kwalifiseer.

Tuks het met 24-18 in die spanne se halfeindstryd geseëvier nadat hulle vroeg toegeslaan het.

Maar anders as drie weke gelede, toe die Pretorianers die Pukke te maklik afgestof het in Potchefstroom, moes die tuisspan vasbyt vir dié sege.

Daar word dikwels van die groot oomblikke in ’n uitspeelstryd gepraat en die tuisspan was vroeg aan die woel toe die linkervleuel, Ciaran Dayaram, twee keer gaan druk het.

Ofskoon die Pukke met die rustyd meer gebiedsvoordeel, balbesit en momentum gehad het, was Tuks steeds in beheer met ’n voorsprong van 18-3.

Ofskoon die Pukke met die rustyd meer gebiedsvoordeel, balbesit en momentum gehad het, was Tuks steeds in beheer met ’n voorsprong van 18-3.

Lungelo Gosa en Wian Conradie se drieë in die tweede helfte het egter die Pukke binne trefafstand gebring.

Die wedstryd was enduit in die weegskaal en was dit nie dat die Tuks-haker Johan Grobbelaar in die 80ste minuut die besoekers se besit by ’n afbreekpunt gegaps het nie, kon die Pukke straks met ’n skoksege terug huis toe gekeer het.

Die Tuks-flanke Stephan Smit en Hanru Sirgel was albei weer bedrywig, terwyl die skakelpaar, Tinus de Beer en Theo Maree, se ervaring deurslaggewend was.

De Beer het in die proses die voorste puntemaker in die geskiedenis van die reeks geword.

Puntemakers:

Tuks 24 (18). Drieë: Ciaran Dayaram (2). Strafdoele: Tinus de Beer (4). Doelskop: De Beer.

Pukke 18 (3). Drieë: Lungelo Gosa, Wian Conradie. Strafdoele: Schalk Hugo (2). Doelskop: Hugo.

Meer oor:  Pretoria  |  Tuks  |  Rugby  |  Varsitybeker  |  Pukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.