Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Varsitybeker: Tuks kom met moord weg

’n Strafdoel in die doodsnikke deur Zander du Plessis het Tuks Maandag van ’n oorwinning in hul Varsitybeker-wedstryd teen die Shimlas in Pretoria verseker.

Tuks was met 42-39 baas. Albei spanne het vyf drieë gedruk.

Tuks se senter Louritz van der Schyff draf deur vir sy drie. Foto: Varsity Cup | Catherine Kotzé

Die Shimlas het goeie rugby gespeel. Wanneer ’n span se plaasvervanger-skrumskakel, in die Bloemfonteiners se geval Rewan Kruger, omgekeerde besit vir sy span verseker, dan weet jy die span wil wen.

Danco Burger, senter van die Shimlas, duik oor vir sy eerste drie. Tuks se skrumskakel, Clyde Lewis, is te laat om hom te keer. Foto: Varsity Cup | Catherine Kotzé

Shimlas se tweede drie, kort voor rustyd deur die slot Pierre Uys het die stempel van kwaliteit gedra. Uys het gaan afrond van ’n rolmaalbeweging – iets waarmee die Bloemfonteiners goed was.

Ook het die Shimlas se agterlyn by ’n paar geleenthede gevaarlik met die bal in die hand gelyk.

Dit was beslis nie Tuks se beste vertoning nie. Daarvoor was daar te veel foute by die lynstane, skrums en ook is ’n bal by geleentheid nie van ’n afskop af bemeester nie.

Hul flank Eduan Lubbe was goed by die afbreekpunte en met die bal in die hand. Maar in Du Plessis (heelagter) het Tuks iemand wat met sy skopvoet foute van die besoekers uitgebuit het.

Puntemakers: Tuks 42 (27): Drieë: Dewald Donald, Louritz van der Schyff, Eduan Lubbe, Etienne Janeke (2). Doelskoppe: Zander du Plessis (4). Strafdoele: Du Plessis (3).

Shimlas 39 (16): Drieë: Danco Burger (sewepunt-drie), Pierre Uys, Burger, Rewan Kruger, Uys (sewepunt-drie). Doelskoppe: JP Duvenage (5).

Meer oor:  Pretoria  |  Tuks  |  Rugby  |  Shimlas  |  Varsitybeker  |  Zander Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.