Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tuks vat (weer) laat vlam vir wen

Die Tukkies maak vanjaar in die Varsitybeker-reeks ’n gewoonte daarvan om inhaal-rugby te speel.

Tuks se Jacobus Smit word deur die Shimlas se Keegan Hamman vasgevat in Maandagaand se Varsitybekerwedstryd in Pretoria. Foto: Gallo Images

Maandagaand in die Tuks-stadion het hulle hul gebruiklike terugvegpoging reeds kort ná rustyd begin om uiteindelik met 43-33 te wen.

Die Tukkies het met rukke in die tweede helfte van hulle beste rugby vanjaar in die reeks gelewer.

Dit was vroeër die Bloemfonteiners wat die pas flink aangegee en ’n voorsprong van 19-7 opgebou het.

Die Shimlas se aanvallende venyn het algaande getaan met die tuisspan wat in al die afdelings begin oorheers het.

Daar was later – met Tuks se losskakel, Fiela Boshoff, wat knap aan die stuur van sy span se aanslag was – 36 onbeantwoorde punte vir die wenspan.

Die tuisspan se flankpaar, Stephan Smit en Hanru Sirgel, was skitterend in die vastelos en by die afbreekpunte.

Of die Tukkies, wat nou vier uit vier gewen het, wel vanjaar ’n aanspraakmaker is, sal volgende week gesien word wanneer die Maties in Stellenbosch aangevat word.

Punte

Tukkies: 43 (17). Drieë: Stephan Smit (2), Stefan Coetzee, Kabelo Mokoena (7 punte), Sango Xamlashe, Lesley October. Strafdoel: Fiela Boshoff. Doelskoppe: Boshoff (3), Alex-Zander du Plessis.

Shimlas 33 (19). Drieë: Charl Pretorius (2), George Rossouw (2), William Eybers. Doelskoppe: JP Duvenhage (4).

Meer oor:  Shimlas  |  Varsitybeker  |  Tuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.