Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Twee Aussie-spelers vir 3 weke geskors
Die skeidsregter Damon Murphy stuur Allan Alaalatoa die afgelope naweek met ’n rooikaart af. In die middel is die Rebels se kaptein, Matt To’omua. Foto: Getty Images

Allan Alaalatoa, die kaptein van die Brumbies, en Andrew Ready, haker van die Western Force, is albei vir drie weke geskors nadat hulle hierdie naweek in Australiese Superrugby-wedstryde met rooikaarte gestraf is.

Daar is in die eerste ses wedstryde van dié reeks reeds ses rooikaarte uitgedeel.

Ingevolge ’n proefreël in dié kompetisie, mag ’n speler wat met ’n rooikaart afgestuur is ná 20 minute vervang word.

Luidens ’n verklaring van die beheerliggaam Sanzaar is drie weke van altwee spelers se aanvanklike straf afgetrek nadat hulle skuld beken het.

Alaalatoa is net ná rustyd in die Brumbies se wedstryd teen die Rebels afgestuur omdat hy kontak met een van die Rebels se spelers (Pone Fa’amausili) se kop in ’n duikslag gemaak het.

Die Force moes op hul beurt die laaste 15 minute teen die Waratahs met 14 spelers oor die weg kom nadat Ready vir Hugh Sinclair met ’n vuishou bygekom het. – Reuters

Meer oor:  Superrugby Au-Reeks  |  Brumbies  |  Skorsing  |  Rooikaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.