Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Twee Franse spelers toets positief vir virus
Frankryk se Gabin Villière vier Arthur Vincent (13
Frankryk se Gabin Villière vier Arthur Vincent (13) se drie teen Italië in Rome vroeër vandeesmaand. Foto: Reuters

Die Franse vleuel Gabin Villière en die stut Mohamed Haouas is positief getoets vir die koronavirus.

Dit is slegs dae nadat Frankryk se hoofafrigter, Fabien Galthie, die voorspelerafrigter, William Servat, en nog ’n lid van die spanbestuur ook positief vir die virus getoets is.

Die Franse Rugbyfederasie (FFR) het Saterdag in ’n verklaring gesê van die 32 toetse wat Vrydag gedoen is, was 29 negatief.

Al die lede van die groep sal Sondag weer getoets word.

Frankryk is veronderstel om volgende Saterdag teen Skotland in ’n Sesnasies-wedstryd in die Stade de France in Parys te speel.

Die Franse minister van gesondheid, Olivier Véran, het Donderdag aangekondig dat iemand wat positief toets moet nou vir tien dae isoleer, en nie meer sewe dae soos vroeër die geval was nie. Frankryk probeer om infeksies met die nuwe variante van die virus te bekamp.

Die FFR het gesê hy sal Sondag ’n nuwe groep van 31 spelers aanwys.

Frankryk is tans boaan die puntelys van die Sesnasies-reeks ná twee oorwinnings in twee wedstryde. Les Blues probeer om dié toernooi vir die eerste keer sedert 2010 te wen. – Reuters
Meer oor:  Frankryk  |  Fabian Galthie  |  Covid-19  |  Sesnasiesreeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.