Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Twee ‘vergete’ Bokke, reg vir soesji-rugby

Die Sunwolves se Suid-Afrikaanse geur raak weekliks sterker voor volgende jaar se Superreeks.

Rudy Paige

Twee Springbokke, JJ Engelbrecht en Rudy Paige, het die afgelope week ’n ooreenkoms met die Japanse Superspan bereik.

Conrad van Vuuren, stut van die Bulle, moet ook sy Japannees opskerp voordat hy hom in Tokio by Paige-hulle aansluit.

Die drietal se name sal eersdaags saam met die gewese veelsydige agterspeler van die Haaie, Garth April, s’n op die Sunwolves se betaalstate verskyn.

Engelbrecht, Paige en Van Vuuren se kontraktering moet nog amptelik aangekondig word, maar April se naam is vroeër in die voorlopige oefengroep van 15 spelers uitgelees.

JJ Engelbrecht

Die 30-jarige Paige en sy tydgenoot Engelbrecht was die afgelope tyd vir die Franse klubspan Clermont beskikbaar en hulle is vir die duur van die Wêreldbekertoernooi deur Clermont betaal.

Die twee het nog nie enige planne vir ná hul draai by die Sunwolves nie.

Die 24-jarige Van Vuuren is egter net vir die Superreeks deur die Bulle vrygestel. Hy moet vir die Curriebekerreeks na Pretoria terugkeer.

Die vurige vaskop sal in Tokio op genoeg speelkans hoop om die besluitnemers op Loftus te herinner waarom hulle hom in Bloemfontein by die Cheetahs gewerf het.

Die 28-jarige April het hom vroeër vanjaar by die Japanse klubspan die Shining Arcs aangesluit nadat onderhandelinge tussen hom en die Bulle skeefgeloop het.

  • Die Sunwolves sal volgende jaar vir die laaste keer aan die Superreeks deelneem nadat besluit is om die reeks te verklein.
Meer oor:  Superreeks  |  Jj Engelbrecht  |  Rudy Paige  |  Springbokke  |  Twee  |  Ooreenkoms  |  Sunwolves
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.