Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
2de gouereël-beslissing in Aotearoa

Rugbygeskiedenis is in die naweek in Nieu-Seeland gemaak toe albei wedstryde in die Superrugby Aotearoa-reeks gelykop geëindig het en toe met die gouepuntreël beslis is.

Dié Nieu-Seelandse reël bepaal dat wanneer ’n wedstryd gelykop eindig, daar voortgespeel moet word totdat een van die spanne punte aanteken.

Die Crusaders het die Hurri­canes gisteroggend in Wellington met 30-27 geklop nadat die losskakel David Havili ’n skepdoel in bykomende tyd deur die pale gejaag het. Dit het gevolg nadat die spanne aan die einde van gewone tyd met 27-27 gelykop was.

Saterdag het die Chiefs die Highlanders in bykomende tyd met 26-23 geklop nadat dié wedstryd ná gewone speeltyd met 23-23 gelykop was.

Die Hurricanes was vir die grootste deel van die wedstryd teen die Crusaders in beheer.

Nadat die ’Canes in die eerste helfte in ’n stadium met 3-14 agter was ná twee drieë deur die Crusaders-vleuel George Bridge, het hulle verbete terugbaklei om seker te maak dat sake met rustyd met 17-17 gelykop was ná drieë deur Ngani Laumape en Julian Savea.

Wes Goosen se drie het die tuisspan vroeg in die tweede helfte die eerste keer laat voorloop, maar die Crusaders, wat vir Bridge en Cody Taylor, wat in sy 100ste kragmeting uitgedraf het, aan beserings afgestaan het, wou net nie moed opgee nie.

Dit was die Crusaders se agtste oorwinning in hul laaste nege kragmetings met die Hurri­canes en ook hul derde agtereenvolgende een weg van die huis af teen die span van Wellington, nog ’n eerste vir die Crusaders.

Die Hurricanes het nou vyf van hul laaste agt wedstryde in hul eie agterplaas verloor.

• Puntemakers:

Crusaders 30 (17): Drieë: George Bridge (2), Sevu Reece. Doelskoppe: Richie Mo’unga (3). Strafdoele: Mo’unga (2). Skepdoel: David Havili.

Hurricanes 27 (17): Drieë: Ngani Laumape, Julian Savea, Wes Goosen. Doelskoppe: Jordie Barrett (3). Strafdoele: Barrett (2).

 Brad Thorn, die Queensland Reds se afrigter, sê die ekstra werk wat sy spelers insit, dra by tot die span se vertoningslys in vanjaar se Superrugby AU-reeks.

Die Reds het die Brumbies Saterdag in Brisbane met 24-22 geklop om tot die eindstryd van die reeks op 8 Mei deur te dring en ook tuisveldvoordeel los te slaan.

’n Doodsnik-strafdoel deur die losskakel, James O’Connor, het die Brumbies geknak.

“Elke klub het sy eie program en dit is die ekstra werk wat die spelers insit wat tot welslae lei.

“Dinge gebeur weekliks, maar dit is die dinge wat die spelers ekstra doen, wat die inisiatief bepaal.

“Dan sien jy die voordeel wat die skoppers het, al die spelers, die skrumskakels en hoe hulle die bal aangee,” sê Thorn.

Die onoorwonne Reds se sege oor die Brumbies onderstreep hul oorheersing. Daar is nog twee wedstryde oor, maar hulle kan nie meer ingehaal word nie.

“Die spelers raak geheg aan die staat (Queensland), die maroentrui en ook aan mekaar. Daar is dus ’n stewige band wat gevorm word en dit strek tot ons groot voordeel,” sê Thorn.

– Stuff.co.nz, Reuters

Meer oor:  Reds  |  Brumbies  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.