Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tyd raak min om jou naam in hoed te gooi
’n Ingenome Jake White ná sy Brumbies se sege oor die Leeus in 2013.

Die tyd loop amper uit vir die lotingsproses om kaartjies vir die Britse en Ierse Leeus se agtwedstryd-toer in 2021 na Suid-Afrika.

Sowat ’n kwartmiljoen Suid-Afrikaners het al die webblad besoek en meer as 230 000 het ingeskryf vir die loting.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het Suid-Afrikaners bedank vir hul enorme belangstelling. Dit wys plaaslike rugbyondersteuners is passievol en glo in die Bokke en rugby, sê hy.

Roux het ondersteuners aangespoor om ook aansoek te doen om kaartjies vir die gewone wedstryde. Volgens hom sal daar teleurgestelde ondersteuners wees, want die vraag na kaartjies vir die toetse onder ’n rugbybehepte publiek sal altyd die aanbod ver oorskry. “Ons het seker gemaak dat daar meer kaartjies vir die tuisskare as buitelandse besoekers is sodat ’n see van groen die see van rooi kan verswelg.”

Roux meen die kanse is baie goed dat al die kaartjies uitverkoop sal word.

Die Leeus speel in vyf gewone wedstryde teen die DHL Stormers, die Cell C Sharks, die Vodacom Bulls en twee wedstryde teen ’n uitnodigingspan in Port Elizabeth en Nelspruit. Die kaartjiepryse vir dié twee wedstryde begin by R100 en R250 teen die provinsiale spanne.

Ek is bly oor die kwaliteit van die spanne teen wie ons in Suid-Afrika gaan speel.
Warren Gatland

Die Leeus toer net elke 12 jaar na Suid-Afrika.

“Rugbykoors gaan in Julie en Augustus hoog loop,” sê Lourens Oberholzer, toerdirekteur. “Daar gaan agt wonderlike rugbygeleenthede in ses stede wees.”

Warren Gatland, die Leeus se afrigter, is veral ingenome met die vyf wedstryde in aanloop tot die toetse en het die gehalte van Suid-Afrikaanse rugby geprys.

“Jy wil jou beste gee teen die beste spelers in Suid-Afrika.” Volgens hom het hy al in die verlede in Suid-Afrika en Australië getoer waar van die plaaslike spanne nie uitermate sterk was nie.

“Ek is bly oor die kwaliteit van die spanne teen wie ons in Suid-Afrika gaan speel. Dit gaan moeilik wees om spanne te klop wat reeds die hele Superrugby-seisoen saamgespeel het.” Gatland het die Leeus as hoofafrigter in 2017 Nieu-Seeland toe en in 2013 na Australië geneem. Hy was in 2009 die assistentafrigter vir die toer na SA.

Die Leeus het die Cheetahs op 6 Junie met 26-24 in Bloemfontein geklop. ’n Week later het hulle in die 77ste minuut ’n strafdoel nodig gehad om teen die WP te seëvier met 26-23 op Nuweland. Die Leeus het gelykop geëindig (13 elk) teen die Opkomende Springbokke. “Twee oorwinnings en ’n gelykopwedstryd wat maklik andersom kon gewees het. Ons weet dit gaan moeilik wees.”

Die Bulle is die enigste provinsiale span wat die Leeus in 1997 kon klop, met ’n telling van 35-30. Die Bulle het vier drieë gedruk teenoor die Leeus se drie.

Britse Leeus
Só werk loting

Jy het tot Woensdag om 23:59 kans om jou naam in die hoed te gooi vir die kans om kaartjies te koop. Registreer op

Dis belangrik om te onthou dat die lotingsproses jou nie van ’n kaartjie verseker nie, maar dit waarborg wel dat jy ’n gelyke en regverdige kans sal kry om een te koop.

Die suksesvolle aansoekers word lukraak deur ’n rekenaarproses gekies en op 25 September in kennis gestel.
Meer oor:  Britse En Ierse Leeus  |  Leeus-Toer  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.