Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Brent kan lewe moeilik maak vir Haaie

Al word Griekwas gesien as een van die kleiner unies, bied hulle Vrydagaand ’n groot uitdaging vir die Curriebeker-kampioen, die Haaie, op hul tuisveld in Durban.

Die span van Kimberley is ná twee jaar as strooijonker in die SuperSport-uitdaagreeks dié seisoen as die kampioen gekroon en dít sal hulle met hope selfvertroue toerus vir die uitstappie na Kingspark.

Nadat hy vir groot dele van die Superrugby-reeks op heelagter moes diens doen, is Curwin Bosch Vrydagaand in die Haaie se Curriebeker-stryd teen Griekwas terug in sy gunsteling-posisie, losskakel. Foto: Gallo Images

So vroeg in die seisoen wil die groot kanonne nie juis die sogenaamde kleiner spanne pak nie, want dan is hulle nog beseringsvry en vol entoesiasme.

Dit sal Vrydagaand beslis die geval met Griekwas wees.

In Brent Janse van Rensburg het hulle boonop ’n uitgeslape afrigter, wat ’n goeie strateeg is en gewis met ’n duidelike plan Durban toe gaan om die Haaie te pootjie.

Van al die spanne wat in die Superreeks gespeel het, lyk dit asof die Haaie die meeste kontinuïteit behou het vir die Curriebeker-reeks. Nie minder nie as tien spelers wat betrokke was in die kwarteindstryd teen die Brumbies in Canberra is behou. Een van hulle, Curwin Bosch, is terug op losskakel, asook Aphelele Fassi op heelagter.

Voeg daarby die ervaring van JP Pietersen in die middelveld en ook die vleuels Lwazi Mvovo en Kobus van Wyk en hulle het ’n stewige agterlyn.

Dan is daar die ervaring van Coenie Oosthuizen, Tera Mtembu en Jacques Vermeulen voorlangs, tesame met die woelige haker Kerron van Vuuren, wat een van die vondse van die Superseisoen was.

Hierdie gesonde mengsel van jeug en ervaring behoort aan die Haaie ’n gewisse voorsprong te gee in dié stryd, maar die nuwe afrigter, Sean Everitt, het dit duidelik gemaak dat Griekwas gewis nie lig geskat gaan word nie.

Everitt se invloed sal ook interessant wees om te sien. Dit is beslis ’n nuwe bladsy wat by die Haaie omgeslaan word.

Haaie: Aphelele Fassi, Kobus van Wyk, JP Pietersen, Jeremy Ward (mede-kaptein), Lwazi Mvovo, Curwin Bosch, Cameron Wright, Tera Mtembu (mede-kaptein), Jacques Vermeulen, Luke Stringer, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Coenie Oosthuizen, Kerron van Vuuren, Juan Schoeman. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Gideon Koegelenberg, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Marius Louw, Rhyno Smith.

Griekwas: Anthony Volmink, Ederies Arendse, Michal Haznar, André Swarts, Enver Barndt, George Whitehead (k), Zak Burger, Neill Jordaan, Sias Koen, Gideon van der Merwe, Victor Sekekete, Ian Groenewald, Ewald van der Westhuizen, AJ le Roux, Kwezi Mona. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Mox Moxili, NJ Oosthuizen, Johan Momsen, Zandré Jordaan, Chriswell September, Tinus de Beer, Eduan Keyter.

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

Assistent-skeidsregters: Vusi Msibi, Archie Sehlako.

TV-skeidsregter: Christie du Preez.

TV: 19:15 op SS 1.

Meer oor:  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.