Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Uitnodigingslys vir Bokke se Bfn-kamp

Vyf Springbokke wat aan die Wêreldbekertoernooi deelgeneem het, is die enigste Bokke met kontrakte in Japan wat genooi is om ’n oefenkamp in Bloemfontein by te woon.

Kwagga Smith, Willie le Roux, Malcolm Marx, Jesse Kriel en Franco Mostert moet hulle op 7 Junie in die Vrystaat aanmeld.

Malcolm Marx
Malcolm Marx het voorverlede jaar die Wêreldbeker-titel saam met die Springbokke verower. Foto: Getty Images

Makazole Mapimpi speel ook tans in Japan, vir die klub Docomo Red Hurricanes, wat deur Johan Ackermann afgerig word, maar hy is slegs ’n leenspeler.

Hy sal binnekort ná die uitspeelwedstryde van die Japanse Topliga na die Haaie terugkeer en saam met die plaaslike spelers by die Bok-oefenkamp inval.

Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het Maandagaand aan SuperRugby gesê ’n klomp Franse klubspelers wat nie in die uitspeelstryde van die Top14-reeks betrokke is nie, sal saam met die Japanse klubspelers inval.

Dit is nog onseker wie van die Franse klubspelers, wat reeds na die Bokke se oorsese virtuele voorbereidingskampe genooi is, ook ’n uitnodiging na die Bloemfonteinse oefenkamp sal ontvang. Die groep bestaan uit Joseph Dweba, Nicolaas Janse van Rensburg, Handré Pollard, Eben Etzebeth, Cobus Reinach, Reinhardt Elstadt en Cheslin Kolbé.

Ons beoog om ses weke se kampe te hou voordat ons teen die Britse en Ierse Leeus speel.

Beseerdes wat betyds herstel, sal ook by die Bloemfonteinse oefenkamp betrek word.

Nienaber-hulle kan hul Bok-groep eers vroeg in Junie bekend maak. Voor dan en ná die Bloemfonteinse oefenkamp kan hulle weer voorbereidingskampe hou.

“Ons beoog om ses weke se kampe te hou voordat ons teen die Britse en Ierse Leeus speel,” het Nienaber aan SuperRugby gesê.

’n Tweede groep spelers sal hulle volgens Nienaber van 12 Junie, wanneer die plaaslike Reënboogbeker-reeks klaarmaak, by die oefenkamp aansluit, asook spelers wat dan eers oorsee klaarmaak.

Oorsese klubs en plaaslike franchises berei hulle intussen daarop voor om lank sonder hul Bokke klaar te kom. Die Bokke sal net ná die reeks teen die Leeus met hul Rugbykampioenskap-veldtog wegspring. Luidens Australiese berigte sal die kampioenskap vroeg in Augustus begin.

Meer oor:  Toer  |  Oefenkamp  |  Britse Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.