Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
UJ se Varsity-kaptein nou óók by Cheetahs

Die Cheetahs se haker-spens is aangevul met die toevoeging van Jannes Snyman, kaptein van die Universiteit van Johannesburg se Varsitybeker-span.

Jannes Snyman / Foto: Gallo Images

Snyman is vir die Curriebeker-reeks gekontrakteer.

Hy is betrek omdat Elandré Huggett nog nie volkome van ’n kniebesering herstel het nie.

Franco Smith, hoofafrigter van die Cheetahs, sê daar is ’n moontlikheid dat Snyman langer by die Cheetahs kan aanbly, maar daar sal gekyk moet word hoe hy ontwikkel saam met die bestaande groep.

“Hy sal by ons wees vir die Curriebeker-reeks en met Marnus (van der Merwe) wat nog by die o.21-span is, sal ons wil sien dat daardie span so sterk moontlik is. Hy sal dus nie by die o.21’s weggeneem word nie.”

Die nasionale o.21-kompetisie word dieselfde tyd as die Curriebeker-reeks beslis.

Die Bloemfonteinse franchise beskik ook nog oor Joseph Dweba op haker.

Daar is goeie aspekte in sy spel, maar daar is ook nog baie goed waaraan gewerk moet word wat van hom die speler sal maak wat ons weet hy kan wees.
Franco Smith

“Joseph is al lank in ons stelsel en dit het nou tyd geword dat hy die volgende tree gee. Daar is goeie aspekte in sy spel, maar daar is ook nog baie goed waaraan gewerk moet word wat van hom die speler sal maak wat ons weet hy kan wees.

“Hy gaan sy geleentheid kry, maar hy sal moet aanhou hard werk om selfs nog beter te raak, soos die geval met elke speler in ons groep is.”

Jacques du Toit

Wat die hakers betref, is daar gewoonlik drie wat diens doen op die dag van die wedstryd.

“Daar is altyd twee hakers wat speel en nog een wat saam met die wedstryd 23-tal oefen of beskikbaar is. Die bykomende haker is daar in geval een van die twee in die wedstryd-23-tal tydens opwarming seerkry. Daar moet dan dadelik ’n plaasvervanger wees, anders kan die wedstryd nie voortgaan nie.

“Dis belangrik vir ons om ses hakers te hê en dat almal van hulle gereed is om te speel. Elkeen van hulle gaan ’n belangrike rol speel,” sê die breier.

Soos sake nou staan, behoort Jacques du Toit die eerstekeuse-haker te wees. Hy was verlede seisoen Torsten van Jaarsveld (wat nou vir Bayonne in Frankryk speel) se adjudant.

Reinach Venter, wat in die SuperSport-uitdaagreeks die nommertwee-trui om die beurt met Dweba en Van der Merwe gedra het, is die ander gekontrakteerde haker.

* Die o.21-span speel Vrydag in ’n opwarmingswedstryd teen Griekwas in Kimberley in die aanloop tot hulle eerste stryd teen die Luiperds op 25 Augustus in Potchefstroom.

Meer oor:  Jannes Snyman  |  Franco Smith  |  Bloemfontein  |  Uj  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Varistybeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.