Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ulrich ná twee jaar terug by Loftus
Ulrich Beyers is ná ’n Italiaanse draai terug in Pretoria in ’n poging om ’n plek in die Bulle se Curriebeker-span oop te speel. Foto: Gallo Images

’n Ou bekende in die Bul-kraal het by Loftus Versfeld aangemeld om die Ligbloues se diepte op heelagter aan te vul.

Ulrich Beyers is voorlopig vir ’n proeftydperk van twee weke vir die span beskikbaar nadat hy by die Bulle kom aanklop het in die hoop om Curriebeker-rugby te speel.

Die 25-jarige Beyers, wat in 2011 vir die nasionale o.20-span gespeel het, was die afgelope ruk op die Italiaanse span Zebre se boeke.

Hy was van 2011 tot 2014 by die Bulle en het in die tydperk tien keer in die Superrugby-reeks vir die span diens gedoen.

Beyers se tydsberekening is goed. Die Bulle is juis dun op heelagter ná SP Marais se vertrek en Warrick Gelant se langtermyn-besering.

Nollis Marais, die Bulle se afrigter, het gesê Beyers het hom beïndruk in sy eerste oefensessie saam met die span.

Beyers, wat as ’n junior onder Marais gespeel het, is ewe tuis op senter en sy veelsydigheid kan waardevol wees.

Hy het nie aan die verwagtinge voldoen toe hy twee seisoene by Loftus weg is nie, maar kry nou ’n tweede kans by die Bulle.

Marais gee toe daar is ’n hele paar posisies waaroor hy onseker is. Veral in die agttal.

Die Bulle begin hul Curriebeker-aanslag aanstaande Vrydag tuis teen die Westelike Provinsie.

Veral in die voorry is dit geen uitgemaakte saak wie die Streeptruie gaan aandurf nie.

Daar sal volgende week besluit word wie kry die nr. 3-trui. Entienne Swanepoel is siek en die Kings-aanwins Jacobie Adriaanse het vandag die eerste keer saam geoefen.

Die versoeking sal groot wees om die ander aanwins uit die Baai, Edgar Marutlulle, in die Bulle se 22-tal in te sluit.

Ook hy het eers die afgelope week saam met sy nuwe spanmaats begin sweet en is nog nie vertroud met die span se spelpatroon en lynstaantekens nie.

Jaco Visagie is die gunsteling om op haker te begin teen die WP en Jason Jenkins en Marvin Orie sal in alle waarskynlikheid die slotpaar wees.

Op agtsteman moet Marais tussen Arno Botha en Hanro Liebenberg kies, terwyl Jannes Kirsten homself kies as die nr. 7-flank.

Roelof Smit, Ruan Steenkamp en Nic de Jager is die kandidate aan die ander kant van die skrum.

Meer oor:  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.