Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ungerer voer Poubloues weer aan

Die Griekwas het ’n reuse-terugslag beleef met die nuus dat Ruan Steenkamp, hul kaptein, nie vir Saterdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs in Kimberley beskikbaar is nie.

Steenkamp (28), ’n losvoorspeler, sal weens persoonlike redes die wedstryd misloop. Sy plek in die nr. 8-trui word deur Hanru Sirgel ingeneem.

Stefan Ungerer sal Griekwas Saterdag teen die Vrystaat-Cheetahs in Kimberley aanvoer. Foto: Gallo Images

Die deurwinterde skrumskakel Stefan Ungerer, wat die Poubloues al tevore aangevoer het, sal die span Saterdag op die veld lei.

Scott Mathie, afrigter van die Griekwas, het vier veranderinge aan die beginspan aangebring wat verlede week teen die Haaie vasgeval het.

In die enigste verandering agterlangs sal die oud-Bul Jay-Cee Nel op buitesenter diens doen in die plek van Ederies Arendse.

Voorlangs is daar benewens Sirgul wat Steenkamp vervang, twee ander veranderinge. Jeandré Leonard sal saam met Cameron Lindsay die slotpaar uitmaak. Leonard neem die plek van Mzwanele Zito, wat na die plaasvervangersbank afskuif.

Ewald van der Westhuizen is die nuwe vaskopstut in die plek van Andries Schutte.

Diegene wat die aksie in die onlangse Varsitybeker-reeks gevolg het, sal die naam van Janu Botha, stut van Ixias, op die plaasvervangersbank erken. Hy was ’n derduiwel in die skrums in die studentereeks.

Mathie sê hoewel dit ’n terugslag is om iemand van Steenkamp se kaliber te verloor, het hy volle vertroue in Sirgel en ander nuwe gesigte soos Nel.

“Jay-Cee is ’n sterk hardloper. Ek is beïndruk met wat hy bied en sien daarna uit dat hy sy debuut maak,” sê Mathie.

“Janu was uitstekend in die Varsitybeker en pas goed by senior rugby aan. Dit is ’n goeie vooruitsig om te sien hoe hy sy rugby na ’n volgende vlak neem.”

Griekwas: Masixole Banda, Daniel Kasende, Jay-Cee Nel, André Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead, Stefan Ungerer (k), Hanru Sirgel, Sibabalo Qoma, Gideon van der Merwe, Cameron Lindsay, Jeandré Leonard, Ewald van der Westhuizen, Janco Uys en Andrew Beerwinkel. PLAASVERVANGERS (uit): HJ Luus, Andrew Kuhn, Janu Botha, Mzwanele Zito, Henco Beukes, Raegan Oranje, Theo Boshoff, Ederies Arendse, Ashlon Davids, Enver Brandt en Tijde Visser.
Meer oor:  Vrystaat-Cheetahs  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.