Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
UP-Tuks kry goeie nuus oor De Beer

Daar was baie goeie nuus vir UP-Tuks aan die vooraand van die amptelike begin van hul voorseisoense voorbereiding vir die 2019-reeks om die gesogte Varsitybeker.

Die losskakel Tinus de Beer sal in die 2019-reeks om die Varsitybeker-reeks een van UP-Tuks se grootste troefkaarte wees. Foto: GB Jordaan

Met die toestemming van Griekwas sal die ervare losskakel Tinus de Beer hom nou eers ná die Varsitybeker-reeks by sy nuwe provinsiale unie in Kimberley aansluit.

UP-Tuks begin môre op Loftus Versfeld oefen wanneer die groep van meer as 40 spelers aan strawwe fiksheidstoetse onderwerp sal word.

Die waarde wat De Beer met sy toepaslike ervaring sal toevoeg, kan ten beste saamgevat word met die feit dat hy reeds in 2016 sy Varsitybeker-buiging gemaak het. In 2017 was hy UP-Tuks se eerste keuse op losskakel en het hy in die eindstryd teen Maties in die Tuks-stadion ’n leeueaandeel in die oorwinning met 28-21 gehad deur met vier strafdoele en twee doelskoppe te slaag. Hy was in 2018 in die meeste van UP-Tuks se nege wedstryde die begin-losskakel.

Ná ’n teleurstellende 2018-seisoen waarin UP-Tuks sesde geëindig het, sal Nollis Marais, die hoofafrigter, juis baie op ervaring staatmaak om die Universiteit van Pretoria se vlagskip weer ’n krag in Varsitybeker-rugby te maak.

In die groep wat môre begin oefen, is daar ook ander senior spelers wat nes De Beer deur voorbeeld sal moet lei. Van die felste kritiek wat teen die span van 2018 uitgespreek is, was juis dat die meer ervare spelers nie sterk genoeg op die voorgrond getree het nie.

Buiten De Beer sal die ander spelers met beduidende Varsitybeker-ondervinding, soos Dewald Naudé, Xolisa Guma (vleuels), Boeta Hamman (losskakel), Theo Maree, Josh Allderman (skrumskakels), Denzel Hill, Eduan Lubbe, Jaco Bezuidenhout, (losvoorspelers), Marius Verwey, Eli Snyman, Brian Leitch, Ruan Nortjé (slotte), Corniel Els en Johan Grobbelaar (hakers), die skip moet help stuur.

Net so belangrik gaan die bydrae wees wat die komponent opwindende junior spelers met baie Young Guns-ervaring in die oefengroep lewer. Is daar onder Damian Bonaparte, Cameron Huffke (heelagters), Marnus Potgieter, Erich Cronjé, Zandré Kruger, Wian van Niekerk (senters), Ruben Beytell, Cliven Loubser (losskakels), Romeo Eksteen, Ruan Viviers (skrumskakels), Ewart Potgieter, Hanru Sirgel (losvoorspelers), Mornay Smith en Dewald Maritz (stutte) genoeg vaardighede om die volgende geslag spelbrekers te verseker?

Die ander interessante vraag wat ’n antwoord moet kry, is wie Marais en sy afrigtingspan as UP-Tuks se 2019-kaptein gaan aanwys.

Die ander interessante vraag wat ’n antwoord moet kry, is wie Marais en sy afrigtingspan as UP-Tuks se 2019-kaptein gaan aanwys.

Hill was in 2018 die aangewese kaptein totdat hy beseer is. De Beer en Lubbe het in sy plek waargeneem en hul name behoort daarom in die kapteinshoed te wees.

Grobbelaar sal self ’n sterk aanspraakmaker wees omdat hy oor bewese leierskap-eienskappe beskik, maar hy kan dalk net deur die Bulls vir SuperRugby nadergetrek word. Grobbelaar was die Blou Bulle se o.21-kaptein wat onlangs in die eindstryd teen die Goue Leeus verloor het.

Hoewel Hill in die amptelike oefengroep ingesluit is, sal hy hom eers in Januarie by UP-Tuks aansluit.

Hy is in Stellenbosch waar by ’n loopbaan in sewesrugby najaag. Hill is in die SA Akademiespan ingesluit wat in Desember aan die Dubai-sewes deelneem en sy toekoms by Tuks en in vyftienman-rugby lyk onseker.

Meer oor:  Kimberley  |  Up-Tuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.