Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
US se saak teen Jurie gaan na arbitrasie
Jurie RouxFoto: Gallo Images

Dit gaan nóg ses maande wees voordat die saak tussen Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), en die Universiteit Stellenbosch (US) aangehoor word.

Boonop gaan dit in die vorm van arbitrasie geskied en nie meer in die Wes-Kaapse hooggeregshof nie. Die US dagvaar vir Roux vir R37 miljoen vir beweerde finansiële ongerymdhede in sy tyd as die US se direkteur van finansiële beplanning en batebestuur. Daar word aangevoer dat hy geld op onregmatige wyse oorgedra het na die Maties-rugbyklub, waar hy die voorsitter was. Hy ontken dit.

Daar word aangevoer dat hy geld op onregmatige wyse oorgedra het na die Maties-rugbyklub, waar hy die voorsitter was. Hy ontken dit.

Chris de Beer, wat destyds die US se hoof van studentegeld en ook ’n spelersagent was, is die ander verweerder in die saak.

“Die partye het ’n formele arbitrasie-ooreenkoms aangegaan met dien verstande dat die arbitrasie ’n aanvang neem op 25 November vir ’n tydperk van drie weke,” het prof. Stan du Plessis, uitvoerende bedryfshoof van die US, in ’n verklaring aan Netwerk24 gesê.

“Die ooreenkoms bepaal ook onder meer dat die arbitrasieverrigtinge vertroulik is; die arbitrasie privaat gehou sal word en nie vir die publiek oop sal wees nie; maar dat die feit dat die arbitrasie plaasvind en ook wat betref die finale arbitrasie-toekenning, nie vertroulik sal wees nie.”

Frikkie Erasmus, Roux se prokureur, sê dat arbitrasie in hierdie tydstip weens onder meer “tydsbeskikbaarheid” ’n meer sinvolle opsie bied vir die finalisering van die saak.

“Die tydsperiode wat nodig is vir die behoorlike aanbieding van alle getuienis en die beskikbaarheid van die regspanne, kan meer sinvol bepaal en gekoördineer word in arbitrasie-verrigtinge,” sê Erasmus.

Advokaat Alasdair Sholto-Douglas gaan die arbiter wees.

Die universiteit het nie ’n verlies gely deur enige van my aksies nie. Ek het baie hard, baie doeltreffend en met groot sukses gewerk.
Jurie Roux

Roux het onlangs in hofstukke aangevoer dat die geld bestee is aan wettige uitgawes tot voordeel van die universiteit.

“Die universiteit het nie ’n verlies gely deur enige van my aksies nie. Ek het baie hard, baie doeltreffend en met groot sukses gewerk om die universiteit se finansiële posisie en bestuurstelsel te versterk,” sê hy in die hofstukke.

Roux was die voorsitter van die Maties-rugbyklub toe hy die Varsitybeker drie keer agtereenvolgens van 2008 tot 2010 gewen het.

Meer oor:  Jurie Roux  |  Stellenbosch  |  Saru  |  Klubrugby  |  Uitvoerende Hoof  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.