Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
UWK skok Shimlas in hul agterplaas
Ruwald van der Merwe van Shimlas word omgedop in die Varsitybeker-stryd teen die UWK in Bloemfontein.Foto: Mlungisi Louw

Die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK) het vir die eerste groot opskudding van vanjaar se Varsitybeker-reeks gesorg toe hy die Shimlas Maandagaand met 29-28 in Bloemfontein geskok het.

Die UWK-losskakel Keagan Fortune se strafdoel drie minute voor die eindfluitjie het sy span tot ’n eerste oorwinning in vanjaar se reeks gevoer, terwyl die Shimlas hulle tweede agtereenvogende nederlaag gely het.

Die tuisspan het met die rustyd met 14-7 voorgeloop, met die UWK wat danksy ’n strafdrie op die telbord gekom het.

Daar was teen die einde min tussen die spanne te kies en die Shimlas kan met reg ongelukkig voel dat hulle nie dié een gewen het nie.

Maar die UWK lyk ook nie soos die span wat verlede seisoen die houtlepel gekry het nie. Hy moes uiteindelik ’n agterstand van 16-28 uitgewis om te seëvier.

Die oorwinning oor die kampioen van 2015 is dalk net die nodige aansporing vir die res van die reeks.

Die besoekers uit Bellville het in veral die eerste helfte baie beter as die tuisspan op die aanval gelyk.

* Wits het talle geleenthede weggesmyt in die Johannesburgse derby teen die Universiteit van Johannesburg maar met uiteindelik net-net genoeg gedoen om met 7-6 te wen. UJ was met die rustyd nog met 6-0 voor.

* Puntemakers in Shimlas en UWK se stryd:

UWK 29 (7): Drieë: Strafdrie, Gilroy Philander (sewepunt-drie), Keagan Fortune (sewepunt-drie). Doelskop: Fortune. Strafdoel: Fortune (2).

Shimlas 28 (14): Drieë: Wihan Marais, Marnus Boshoff, Janco van Heyningen (sewepunte-drie), Marnus Rossouw (sewepunt-puntdrie). Doelskoppe: JP Duvenhage (2).

Meer oor:  Uwk  |  Shimlas  |  Varsitybeker  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.