Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
UWK-stormram druk drie keer teen Madibaz

Die Universiteit van Wes-Kaapland – met die stormram Tinotenda Mavesere aan die voorpunt – het die Madibaz Sondag in Pretoria met 47-40 in hul Varsitybeker-wedstryd verslaan.

Die Wes-Kapenaars het altesame ses drieë gedruk en Mavesere het drie daarvan bygedra.

Tinotenda Mavesere druk een van sy drie drieë Sondag teen die Madibaz in Pretoria. Links is die skeidsregter Cwengile Jadezweni. Foto: Varsity Cup

Vir twee van sy drieë het die vurige flank met soveel mening doellyn toe gestorm dat as daar ’n berg voor hom was, is daar vandag ’n tonnel.

Dit het omtrent gelyk of van die Madibaz-verdedigers hulle boeglam geskrik en gesorg het dat hulle eerder oor hul eie voete struikel as om in sy pad te beland.

Mavesere se ander drie het hy gekry ná hy en sy voorspelermaats vanuit ’n lynstaan naby die Madibaz se doellyn gedryf en hy afgerond het.

Gepraat van drieë ná dryfspel vanuit lynstane – die Wes-Kaap en die Madibaz het albei drie sulke drieë gedruk.

Albei spanne se hakers, Jacques van Zyl vir die Kapenaars en Tembekile Boltina vir die Madibaz, het twee keer van sulke dryfspel vir hul spanne oor die doellyn geduik.

Tembekile Boltina trek Jacques van Zyl Sondag plat in die opwindende stryd tussen die Madibaz en die UWK. Foto: Varsity Cup

Op die dag se spel het die Wes-Kaap se agterspelers ’n bietjie meer flair en deurdringingsvermoë op die aanval uitgestal.

Die heelagter, Gilroy Lee Philander, het nie net ’n Blitzbok-haarstyl nie, hy het genoeg talent om in die toekoms nog een te word.

Die wenspan se skrumskakel, Branden de Kock, het ’n groot rol in die oorwinning gespeel met sy flink diens en goeie skopwerk pale toe.

Dis nie asof die Madibaz oorheers is nie. Die Baaienaars was tot reg teen die einde in die prentjie en het ook die laaste drie gedruk.

Manne soos die losvoorspeler Arnouw Nel het ’n bars gespeel, maar daar is eenvoudig te veel foute op kritieke tye begaan.

Dit het in die skrums heel skaflik gegaan, maar in die lynstane het die manne van die Baai te veel balle op hul eie ingooi verloor.

Puntemakers: UWK 47 (30): Drieë: Tinotenda Mavesere (3xsewepuntdrie), Jacques van Zyl (2), Tariq Mynhardt (7 punte). Doelskoppe: Branden de Kock (5). Strafdoele: De Kock.

Madibaz 40 (19): Drieë: Tembekile Boltina (2), Aya Oliphant, Arnouw Nel (2), Ruan Jonker (sewepuntdrie). Doelskoppe: Tiaan Schutte (4).

Meer oor:  Uwk  |  Varsitybeker  |  Varsitybeker-Reeks  |  Madibaz  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.