Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Uys ploeg terug by die Maroenmasjien

As ’n voormalige Maties-rugbyspeler kon Corné Uys nie die geleentheid laat verbygaan om hom by Maties-rugby se afrigtingspan aan te sluit nie.

Uys het die Maroenmasjien van 2003 tot 2005 verteenwoordig.

Hy sluit hom aan by die hoofafrigter, Drikus Hancke, en sy assistent, Norman Jordaan.

Uys sal vir die verdediging verantwoordelik wees.

“Ná ’n paar koppies koffie en ’n goeie gesprek met Drikus was dit duidelik dat sy verhoudings met sy bestuurslede en spelers baie belangrik is. Dit was eintlik ’n maklike besluit,” sê Uys.

Volgens hom het die feit dat hy ’n oud-Matie is, ’n groot rol in sy besluit gespeel.

“Om vir Maties te speel, was ’n groot deel van my loopbaan en lewe. Dit het my as ’n speler én as ’n persoon ontwikkel.

“Ek sal nooit die invloed wat die Matie-kultuur op my gehad het, vergeet nie. Dit was van die beste tye van my lewe. Ek hoop dat ek ook ’n indruk op die lewe van die (huidige) spelers sal kan maak.

“Die spelers en die bestuurslede het dieselfde doelwit. Die spelers is bereid om hard te werk. Hulle wil ook herinneringe skep in goeie én moeilike tye.”

Uys is beïndruk met die sterk leierskap in die Varsitybeker-groep.

“Hulle het goeie gees en is bereid om hard te werk wanneer hulle bymekaar is… Dit is ’n spesiale groep spelers.”

Hy is baie duidelik oor die doelwitte wat die bestuurspan en die spelers in die Varsitybeker-reeks nastreef.

“Die belangrikste is dat die spelers hul potensiaal bereik. Elke individu wil na die beste van sy vermoë presteer tot voordeel van die groep. Ons wil ’n verskil maak as spelers en as mense.”

Naas sy verantwoordelikhede as die Maties se verdedigingsafrigter, is Uys ook die hoofafrigter van die SAS Rugby Internasionale Instituut.

Dit bied aan hom nog ’n geleentheid om ’n invloed op die lewe en loopbaan van jong spelers te hê.

Die Maties was onoorwonne toe die Varsitybeker-reeks opgeskort is.

Meer oor:  Rugbyafrigter  |  Maties  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.