Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vakbond eis antwoorde by WPRU

Sê “vroeër, eerder as later” indien daar in die nabye toekoms ’n probleem gaan wees met die betaal van personeel se salarisse.

Dís die eis wat aan die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se sakevleuel gestel is deur die vakbond Sports Employees Unite (SEU), wat die meeste van die Kaapse unie se personeel verteenwoordig.

Piet Heymans, uitvoerende hoof van die vakbond Sport Employees Unite. Foto: Verskaf

Die WP is in diep finansiële moeilikheid met gerugte wat loop dat hy slegs nog geld het vir Julie se salarisse. Beloftes wat aan senior spelers gemaak is oor nuwe kontrakte, gaan moontlik ook nie eerbiedig word nie.

Piet Heymans, uitvoerende hoof van die SEU, het aan Netwerk24 bevestig dat daar groot kommer onder sy lede bestaan oor die WP se finansiële posisie.

“Dis geweldig stresvol vir ons lede om in onsekerheid te leef weens die gerug dat daar net een maand se kontantvloei is om salarisse te dek. Die WP móét iets doen, want almal bespiegel net tans oor wat die situasie is. Ek wag vir terugvoer van die WP se uitvoerende hoof (Paul Zacks),” sê Heymans.

Dis nie net die WP se kantoorpersoneel wat in onsekerheid leef nie.

Dit bly ’n raaisel of die WP in ’n posisie gaan wees om die kontrakte wat hy mondelings aan senior spelers aangebied het vir aanstaande jaar, sal kan eerbiedig.

Die direksie van die sakevleuel het onlangs brieke aangedraai met kontraktering oor kommer dat dit op roekelose optrede sou neerkom om kontrakte aan te bied gegewe hul finansiële situasie.

Daardie probleem kan slegs opgelos word indien die amateur-vleuel, wat verskeie eiendomsbates besit, bereid sou wees om vir die kontrakte pa te staan. Tot nou was daar nog nie ’n aanduiding dat hulle daarvoor sou waarborg teken nie, wat ’n groot bron van kommer is gegewe dat ander unies vanaf 1 Julie amptelik op die WP se spelers sal kan jag maak.

Die situasie word verder gekompliseer deur die magstryd tussen die amateur-vleuel se uitvoerende raad en Zacks. Die amateur-vleuel wil glo van Zacks ontslae raak en die WP word intussen verlam deur dié interne struwelinge.

Zacks het nog nie op ’n versoek vir kommentaar oor die salariskwessie gereageer nie.

Meer oor:  Wpru  |  Zelt Marais  |  Stormers  |  Vakbond  |  Kaapstad  |  Paul Zacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.