Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vakbond verklaar dispuut met WPRU

Die vakbond Sports Employees Unite (SEU) se messe is geslyp vir die Westelike Rugbyunie (WPRU) en sy president, Zelt Marais.

Piet Heymans, uitvoerende hoof van die vakbond Sport Employees Unite. Foto: Gallo Images

Piet Heymans, uitvoerende hoof van SEU, het aan Netwerk24 bevestig dat hy ’n dispuut by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verklaar het om ’n “onreëlmatige” aanstelling by die WP te stuit. Die saak sal op 7 November in Kaapstad aangehoor word.

Personeel het die aanstelling van Ruben Machelm as “uitvoerende assistent, wat aan die president verslag doen” by SEU aangemeld. Hulle het nie van die pos kennis gedra voordat Machelm skielik aan die begin van Oktober daar begin werk het nie. Marais het hom nie aan SEU se beswaar gesteur nie.

Die aanstelling is nie volgens die WP se beleid en prosedures met betrekking tot aanstelling van personeel gedoen nie.
Piet Heymans

“Ons het die kwessie Woensdag na die CCMA verwys,” het Heymans gesê.

“Die aanstelling is nie volgens die WP se beleid en prosedures met betrekking tot aanstelling van personeel gedoen nie. Dit bepaal dat elke aanstelling eers intern geadverteer móét word voordat ’n persoon van buite aangestel word.

“Daar moet ook onderhoude gevoer word en daar moet met verwysings op die persoon se CV geskakel word.”

Heymans voer aan dat die WP met dié aanstelling die “bepalings en voorwaardes” van werknemers sonder raadpleging verander het.

Zelt Marais, president van die WP Rugbyunie.Foto: Gallo Images

“Die WP se personeelbeleide en prosedures-dokument is deel van die bepalings en voorwaardes van werknemers. As daar nie daarby gehou word nie en aanstellings eensydig gedoen word, verander dit die bepalings en voorwaardes, wat neerkom op ’n onbillike arbeidspraktyk,” sê hy.

Heymans het Marais ook oor “swak korporatiewe bestuur” gekap. “Sou daar ’n bevinding wees dat Zelt Marais onvanpas opgetree het, kan daar stappe gedoen word wat moontlik kan insluit dat hy uit sy pos onthef word,” het Heymans gesê.

Terwyl die WP streng gesproke uit twee entiteite bestaan – die amateurunie en ’n sakevleuel – sê Heymans dat die beleidsdokumente op die ganse groep van toepassing is. Die unie besit ook 100% van die aandele in die maatskappy en verskaf ook direkteurs.

Marais het by navraag gesê dat die kwessie sub judice is en hy daarom nie kommentaar kan lewer nie.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Zelt Marais  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.