Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Valke kry erg slae in nuwe Rapid-reeks

Die Valke het Vrydagaand in Perth hul voorbereiding vir die nuwe Rapid-reeks op ’n lae noot begin toe hulle met 74-10 deur die Western Force afgeransel is.

Die nuwe toernooi, wat volgende jaar in dieselfde tyd as Superrugby sal plaasvind, was vroeër vanjaar in die weegskaal, maar die reeks se miljoenêr-eienaar, Andrew Forrest, het Vrydagaand die versekering gegee dat die reeks volgende jaar sal plaasvind.

Global Rapid Rugby (GRR) sal tussen spanne van Asië en die Pasifiese eilande plaasvind, met die Force as die enigste Australiese span in die kompetisie. Die Valke sal in vennootskap met Maleisië in die reeks speel en die land se spelers help ontwikkel.

Ander lande wat in die kompetisie sal meeding, is Fidji, Samoa, Singapoer en Hongkong. Die Sunwolves maak dalk ook hul verskyning.

Rudy Joubert, die Valke se direkteur van rugby, het aan plaaslike media vertel hoe die Valke GRR as hul toekoms sien, met SA Rugby wat vierkant agter hulle staan.

“Ons was meer as gelukkig om die span Perth toe te bring,” het Joubert gesê. “Ons glo die kompetisie is die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby. Dit sal help om ons spelers te ontwikkel en hulle blootstelling aan internasionale rugby te gee.”

Die span se afrigter, JP Immelmann, het erken dat hulle in Perth onkant betrap is.

“Dis vinnig en beslis op ’n ander vlak as waaraan ons aan gewoond is. Ons het dom foute begaan en die Force het ons foute goed uitgebuit,” het Immelmann gesê.

  • Met die Valke se beste spelers wat in Perth uitgedraf het, het die Valke gister 23 klubspelers van Pretoria aangewend in sy Eersteliga-wedstryd teen die Jaguares XV.

Die Argentyne het 18 drieë gedruk en met 122-19 gewen. 

Meer oor:  Western Force  |  Valke  |  Perth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.