Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Valke-werknemers nog nie betaal

Werknemers van die Valke-rugbymaatskappy (VRM) aan die Oos-Rand het nog nie vandeesmaand hul salarisse ontvang nie.

Piet Heymans, uitvoerende hoof van Sport Employees Unite. Foto: Gallo Images

Sport Employees Unite (SEU), ’n werknemersvakbond, het Woensdag in ’n verklaring gesê dat werknemers gewoonlik op die 25ste betaal word, maar tot op hede geen betaling ontvang het nie.

“Ons het geen kommunikasie van die waarnemende uitvoerende hoof, Ettienne de Lange, in verband met die saak ontvang nie. Geen kommunikasie dui op ’n gebrek aan respek en kommer oor die welstand en lewensbestaan van sy werknemers,” sê Piet Heymans, uitvoerende hoof van SEU.

De Lange het by navraag gesê dat hulle nie nou kommentaar wil lewer nie en op ’n latere stadium die media te woord sal staan. Hy het ook daarop gewys dat hy die uitvoerende hoof van die Valke-rugbyunie is, maar nie van die VRM nie.

Dit is nie regverdig nie, mense beplan hul debietorders rondom wanneer hulle betaal word, en hulle het nog niks gehoor nie.

Volgens hom is hy ’n direkteur, wat verantwoordelik is vir die daaglikse bestuur van die VRM in die afwesigheid van die maatskappy se uitvoerende hoof, Jurie Coetzee. Coetzee is tans weens beweerde finansiële ongerymdhede geskors.

Heymans sê by navraag ’n presedent word geskep deur werknemers “die afgelope 20 jaar op dieselfde tyd te betaal”.

“Dit is nie regverdig nie, mense beplan hul debietorders rondom wanneer hulle betaal word, en hulle het nog niks gehoor nie. Tegnies het hulle (die VRM) nog tot sewe dae ná die einde van die maand om salarisse te betaal,” sê Heymans.

Die Valke het vroeër vanjaar aan die internasionale Rapid Rugby-reeks (die geesteskind van die Wes-Australiese miljardêr Andrew Forrest) deelgeneem voordat die Covid-19-pandemie dit in die wiele gery het.

Die Rapid Rugbyreeks is met die finansiële hulp van Forrest, ’n mynmagnaat, van stapel gestuur nadat die Western Force ’n paar jaar gelede uit Superrugby geboender is.

Op plaaslike bodem bevind hulle hul in die Curriebeker se Eerste Liga. Dié kompetisie gaan egter nie vanjaar beslis word nie.

Meer oor:  Piet Heymans  |  Ettiene De Lange  |  Valke-Rugbymaatskappy  |  Salarisse  |  Vrm  |  Valke  |  Sport Employees Unite  |  Seu  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.