Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Van Boishaai tot Haai vir Reyneke

Skolerugby, nes ander sportsoorte is deur die Covid-19-pandemie geplettervat, maar die voorste provinsies het lankal hul huiswerk gedoen oor beskikbare talent en is tans fluks besig met inkopies.

Abraham Reyneke, stut van die Hoër Jongenskool Paarl, het besluit om hom ná skool by die Haaie aan te sluit.

Die Westelike Provinsie het reeds ’n paar aanwinste aangekondig wat junior talent betref en vandeesweek is dit die beurt van die Haaie, wat die talentvolle stut Abraham Reyneke gewerf het. Reyneke is vanjaar ’n matrikulant aan die Hoër Jongenskool Paarl.

“Ek is baie dankbaar vir die geleentheid wat die Haaie my gee. Dis ’n voorreg. Ek tel onder die min spelers (by skole) wat deur ’n provinsiale unie gekontrakteer is,” sê Reyneke in ’n nuusverklaring.

“My hart gaan uit na die o.19-spelers vanjaar. Ons kan nie rugby speel nie, wat beteken dat hulle nie die geleentheid het om hulself te bewys nie.”

Wat die Haaie betref, het Reyneke hom egter al deeglik bewys. Hy kan enige kant van die skrum sak, hoewel hy loskopstut verkies. Hy beskik ook oor goeie balvaardighede.

Reyneke is die seun van wyle veldrenjaer Apie Reyneke, wat in 2015 in ’n helikopterongeluk dood is. Sy vrou en Abraham, wat toe 13 was, het die ongeluk oorleef.

Ek dink my pa sou trots op my wees en dit sou lekker gewees het om hom hier te hê om die oomblik te deel.

“Ons was op pad na my rugbyproewe by die Luiperds toe probleme met die enjin ontstaan het. Ons het 120 meter ver geval. My ma is ernstig beseer, maar het herstel nadat sy lank in die hospitaal was. Ek het harsingskudding en ligte beserings opgedoen. Daardie geluk was my pa nie beskore nie,” vertel hy.

“Ek dink my pa sou trots op my wees en dit sou lekker gewees het om hom hier te hê om die oomblik te deel.”

Reyneke gaan eers sy matriekjaar afhandel voordat hy by die Haaie aansluit.

Die Haaie se Bok-stut Thomas du Toit, wat ook ’n Boishaai-produk is, sal Reyneke straks onder sy vlerk neem in Durban.

Meer oor:  Skolerugby  |  Koronavirus  |  Haaie  |  Stormers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.