Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Van der Merwe wéér onder die mes

Die Cheetah-flank Marnus van der Merwe het Maandag ’n knieoperasie ondergaan en meer duidelikheid oor hoe lank hy buite aksie sal wees behoort later die week bekend te wees.

Marnus van der Merwe het Maandag in Bloemfontein ’n knieoperasie ondergaan. Foto: Gallo Images

Van der Merwe, wat onlangs sy terugkeer tot die speelveld gemaak het ná ’n voetoperasie, het die besering opgedoen in die Cheetahs se laaste Pro14-wedstryd teen Zebre vroeër vandeesmaand.

Die 22-jarige Van der Merwe is verlede seisoen onder die afrigting van die gewese Cheetah-skrumghoeroe Daan Human met welslae van haker na flank geskuif.

Die Cheetahs is tans besig met voorbereiding vir die eerste van twee agtereenvolgende derbies teen die Southern Kings, waarvan die eerste Saterdag in Port Elizabeth gespeel word.

Goeie nuus vir Cheetah-ondersteuners is dat die senter William Small-Smith op sy pos sal wees, nadat hy die veld teen Zebre ná ’n harde stamp verlaat het en daar vrese was dat hy harsingskudding opgedoen het.

“Ek voel goed en is heeltemal gereed om te speel. Ná ’n deeglike ondersoek deur die dokter is hy tevrede dat ek nie harsingskudding opgedoen het nie.

As die eerste oefening van die week enigsins ’n aanduiding is, dan is die vleuels Craig Barry en Rabs Maxwane hul plekke in die beginspan vir Saterdag se wedstryd in die Baai kwyt. Die agtsteman Aidon Davis en die haker Wilmar Arnoldi kan na verneem word ook in die slag bly.

Dit kan meebring dat Clayton Blommetjies en Anthony Volmink weer as vleuels ingespan kan word, terwyl Gerhard Olivier op agtsteman sal sak in Davis se plek. Joseph Dweba behoort dan weer met die nr. 2-trui toevertrou te word in Arnoldi se plek.

Dit blyk of dié vier veranderinge die enigste aan die beginspan kan wees.

* Spelers wat deel van die vergrote Cheetah-groep is, het ook Maandag saam met die Pro14-groep geoefen. Hulle kom Saterdag om 13:30 in ’n kontak-oefening teen die Maties in die Toyota-stadion te staan.

Waarskynlike Cheetah-span: Rhyno Smith, Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Anthony Volmink, Tiaan Schoeman, Tian Meyer (k), Gerhard Olivier, Junior Pokomela, Chris Massyn, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Boan Venter.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.