Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Van der Walt bly lojaal aan sy Skotse klub
Jaco van der Walt het hom vandeesweek weer tot Edinburgh verbind. Foto: Getty Images

Jaco van der Walt is die nuutste sleutelspeler om sy kontrak met Edinburgh in die Skotse hoofstad te verleng.

Die 26-jarige voormalige Leeus-agterspeler sluit hom aan by sy Skotse spanmaat Blair Kinghorn om vandeesweek pen op papier te sit. Hy is nou die vyfde Skotse toetsspeler om hom in die afgelope twee weke tot die klub te herverbind.

Van der Walt se besluit is in teenstelling met dié van sy mede-Suid-Afrikaner Duhan van der Merwe, wat vroeër vandeesmaand Edinburgh vir die Worcester Warriors in Engeland verruil het.

Daar is diegene wat meen Van der Merwe (25), die jonger broer van die Sale Sharks-haker Akker, het eenvoudig lank genoeg by Edinburgh aangebly om vir die Skotse nasionale span te kwalifiseer en het die klub verraai met sy besluit om skielik te verkas.

Duhan van der Merwe het hom in Januarie by Worcester Warriors aangesluit. Foto: Getty Images

Van der Walt, wat Donderdag in Gregor Townsend se groep ingesluit is vir die Sesnasiesreeks, het hom in 2017 by Edinburgh aangesluit.

Hy het van die begin beïndruk en die Pro14 Golden Boot-prys vir die voorste doelskopper in die 2018-’19-seisoen ontvang. Sy gemiddeld daardie seisoen, waarin Edinburgh die kwarteindronde van die Europese Kampioenebeker gehaal het, was ’n indrukwekkende 86,84%.

Van der Walt het einde verlede jaar sy internasionale buiging in die Nasiesbeker gemaak nadat hy volgens Wêreldrugby se vorige verblyfreël van drie jaar vir Skotland gekwalifiseer het.

Hy het Saterdag sy 66ste verskyning vir Edinburgh gemaak en 373 in sy drie jaar vir die klub behaal.

– Sportredaksie

Meer oor:  Skotland  |  Duhan Van Der Merwe  |  Toetsrugby  |  Edinburgh  |  Jaco Van Der Walt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.