Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Van Dyk nou Fransman ná sy versoek
Maks van Dyk se unieke, dapper versoek aan Frankryk se president het vrugte afgewerp. Foto: Getty Images

Toulouse se Suid-Afrikaanse voorryman Maks van Dyk, wat kort voor die afskop van Junie se Top14-eindstryd in Parys vir pres. Emmanuel Macron gevra het om Franse burgerskap, het sy nuwe paspoort ontvang.

Van Dyk (27) het ’n foto van homself op Twitter gedeel waar hy die dokument vashou en die gewilde Franse slagspreuk “Vive la France et vive la Republique” by die inskrywing insluit.

Van Dyk het sy unieke versoek gemaak toe die spelers aan Macron voor die eindstryd, wat Toulouse teen Clermont met 24-18 gewen het, voorgestel is.

Hy het Macron voorgekeer en gevra: “Kan ek asseblief Franse burgerskap kry?”

Macron het met ’n glimlag geantwoord: “Wel, kom ons begin die proses.”

Dit is onduidelik of Macron direk ’n invloed op die verwikkelinge gehad het, maar Van Dyk se naam het op 8 September op die Franse lys van genaturaliseerde persone, die Official Journal, verskyn.

Van Dyk, wat in Johannesburg gebore is, het vir die Cheetahs, Griekwas en Leinster uitgedraf voordat hy in 2016 die skuif na Toulouse gemaak het. Hy was ook lid van die Suid-Afrikaanse span wat by die o.20-Wêreldtoernooi in 2012 geseëvier het.

Rugby365 berig indien Van Dyk in die voetspore van diegene soos Paul Willemse en Alivereti Raka wil volg deur vir Les Bleus te speel nadat hulle ’n Franse paspoort ontvang het, sal hy ’n addisionele twee jaar moet wag.

Wêreldrugby, die sport se beheerliggaam, het in Mei 2017 aangekondig sy verblyfreël word van drie jaar tot vyf jaar verleng. Die nuwe voorskrif geld van 2020, ná afloop van die Wêreldbekertoernooi wat tans in Japan beslis word.

– Sportredaksie

Meer oor:  Top14  |  Toetsrugby  |  Emmanuel ­Macron  |  Wêreldbekerrugby  |  Toulouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.