Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Van Graan mor oor Schoeman-slenter

Johann van Graan, afrigter van Munster, het gevra dat daar strenger opgetree word teen rugbyspelers wat pale se sponsbedekking oplig tydens wedstryde.

Die voormalige Bulle-stut Pierre Schoeman is in die spervuur ná Vrydagaand se wedstryd teen Munster. Foto: Getty Images

Hy het dié pleidooi gelewer nadat Munster Vrydagaand teen Edinburgh in die Pro14-reeks met 16-18 verloor het.

Die oud-Bul Pierre Schoeman, wat sedert verlede seisoen vir Edinburgh in die voorry sak, was ná afloop van die kragmeting ’n groot besprekingspunt.

Hy het in ’n stadium die sponsbedekking by een van die pale opgelig toe Munster op Edinburgh se doellyn op die aanval was.

Schoeman het dit gedoen in ’n poging om Munster te verhoed om ’n drie te druk deur die bal teen die bedekking te plaas.

Munster het uiteindelik gaan druk, maar Jack O’Donoghue, die kaptein, het die optrede steeds onder die Italiaanse skeidsregter Marius Mitrea se aandag gebring.

Mitrea het Edinburgh net gewaarsku.

“Volgens my mag jy dit nie doen nie,” het Van Graan aan die webblad The42 gesê.

“Dit gaan oor die veiligheid van die spel. Daar was ’n ander soortgelyke voorval en dit het op ’n geelkaart en ’n strafskop uitgeloop.

“Ons moet probeer om by die waardes van die spel te hou. Ek gaan nie verder daaroor kommentaar lewer nie, maar veiligheid moet altyd eerste kom.

“As iemand die (onbedekte) paal tref en iets gebeur met hom ... dit is regtig frustrerend,” sê Van Graan.

Volgens Wêreldrugby se reëls, word ’n drie toegeken wanneer ’n aanvallende speler die bal in die teenstanders se doelgebied druk, teen ’n paal of bedekking om die paal.

* Edinburgh het intussen Dinsdag bekendgemaak dat die 25-jarige Schoeman sy kontrak verleng het.

Daar word nie aangedui tot wanneer Schoeman sy rugby in die Skotse hoofstad sal speel nie, met Edinburgh wat bloot aandui dat hy hom op lang termyn tot die klub verbind het. – Sport24

Meer oor:  Munster  |  Pro14  |  Edinburgh  |  Pierre Schoeman  |  Johann Van Graan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.