Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Varsitybeker-eindstryd
Maroen Masjien pootjie die Pukke

Die Maties het Maandagaand in Stellenbosch hul Varsitybeker-eindstrydspook verjaag deur die Pukke met 40-7 te klop.

Maties vier hul sege oor die Pukke in die Varsitybeker-eindstryd. Foto: Gallo Images
 
Hulle het in die laaste twee eindstryde, in 2016 en 2017, vasgeval voordat die span Maandag met oorgawe die laaste hekkie oorsteek het.

Die wedstryd is van meet af teen ’n uiters hoë tempo gespeel en deur knallende fisieke botsings gekenmerk. Dit was voorwaar ’n lus vir die oog. Albei spanne was ook goed georganiseerd op die aanval en verdediging, ongetwyfeld aangespoor deur die polsende atmosfeer in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch.

Albei spanne se losvoorspelers verdien uit die staanspoor vermelding vir hul klipharde botsings, wat soomloos met atletiese spel in die vastelos vervleg is. Die eerste punte van die wedstryd is aangeteken ná voortgesette druk deur Maties op die Pukke se skrum gelei het tot ’n strafdrie in die 20ste minuut. Humeure het kort voor die drie begin opvlam in wat ’n aanduider was van die passie waarmee die res van die stryd gespeel sou word. 

Dit was ’n afdeling van die spel wat die Maties vir die res van die wedstryd sou teiken.

Die Maties het met elke geleentheid die bal punte toe geskuif, maar Edwill van der Merwe en Duncan Saal, die Stellenbossers se vleuels, is met reëlmaat effektief gelak. Van der Merwe se liggie het egter aanhou skyn en hy was vol hardloopwerk op die aand.

Chris Smit van die Maties laat loop die bal terwyl Pukke se AK Nela op hom toesak. Foto: Jaco Marais

Maties het in die eerste helfte die gebiedsvoordeel en balbesit oorheers, maar het gesukkel om dit in punte te omskep. Met die Pukke se verdediging wat sterk gestaan het, het Chris Smith hom in die 32ste minuut tot ’n skepdoel gewend om die telbord te laat rol.

Die Maroen Masjien het permanent die Pukke se gebied beset, maar die Potchefstromers se vingerpunte was desperaat genoeg om hul doellyn in die eerste helfte te beskerm. 

Die een geleentheid wat die Pukke gekry het, het hulle in punte omskep toe hul voorspelers ongenaakbaar op die Maties se doellyn afgepyl het en Tiaan Bezuidenhout, die kaptein, oor is vir die drie. 

Van der Merwe se onderskepdrie net ná die tweede helfte se afskop was waarskynlik die keerpunt in die wedstryd. Hy het ’n huiwerige aangee deur Schalk Hugo raakgevat en deurgedraf vir ’n sewepunt-drie. Na die drie het die Maties hul volgende rat gevind, hoewel die Pukke nog met groot oorgawe en aggressie verdedig het.

Johan Momsen, Munier Hartzenberg en Ricky Nwagbara het die momentum golf gery en het nog voor die einde vir die Maties oorgeduik. Hoewel die Pukke sterk vertoon het, was ’n uitstaande Maties-span voor kreunende paviljoene, toegepak met hul ondersteuners, as uitdaging net te groot vir die besoekers.

Puntemakers: Maties 40 (10) Drieë: Strafdrie, Edwill van der Merwe (sewe-punt-drie), Johan Momsen, Munier Hartzenberg, Ricky Nwagbara. Doelskoppe: Chris Smith (4). Skepdoel: Smith. Pukke 7 (7) Drie: Tiaan Bezuidenhout. Doelskop: Schalk Hugo.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Pukke  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.