Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Varsitybeker: Ixias slag Madibaz

Die Ixias se opmars in die Varsitybeker-rugbyreeks is steeds op koers nadat hulle die Mabibaz ook uit die pad gevee het.

Dit loop soos stroop! Cohen Jasper, heelagter van die Ixias, druk Donderdag een van sy span se drieë. Foto: Varsity Cup

Die Bloemfonteiners het Donderdag op Loftus Versfeld sewe drieë gedruk en met 51-13 gewen. Hulle het ook ’n bonuspunt ingesamel.

Hul wenresep was eenvoudig: Maak voor sag deur in die skrums te oorheers en wen meters veld met rolmale.

Wanneer agterspelers besit op die voorvoet kry, is die stryd halfpad gewonne. Om daardie geleenthede in punte te omskep, het jy agterspelers nodig wat weet wat om met die bal te maak.

In Zinedine Booysen het die Ixias ’n skrumskakel wat sy span se losskakel, Charles Williams, van vinnige besit verseker. Williams is ’n goeie balverspreider en wanneer jy iemand soos Cohen Jasper (heelagter) het wat weet hoe om by ’n agterlyn aan te sluit, moet dit op punte uitloop.

Wat die geval was. Soveel so dat die Bloemfonteiners reeds in die eerste helfte hul vierde drie, vir die bonuspunt, gedruk het.

Die kere dat die Madibaz besit gehad het, is hulle meestal doodeenvoudig in hul spore gestuit met goeie verdediging.

In die laaste tyd het baie mense gebrom oor die vervelige en voorspelbare rugby wat op senior vlak aan toeskouers opgedis word. ’n Spel waar “stampkar-rugby” omtrent die wagwoord geword het.

Hierdie Ixias speel nie daardie rugby nie. Hulle speel aanskoulik en kry mense aan die praat.

Puntemakers: Ixias 51 (28): Drieë: Janus Venter (2), Ricoman Titus (2xsewepuntdrieë), Cohen Jasper, Niell Stannard (2). Doelskoppe: Charles Williams (5), Jasper.

Madibaz 13 (8): Drieë: Tembekile Boltina, Duan du Plessis. Strafdoel: Tiaan Schutte.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Ixias  |  Madibaz  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.