Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Varsitybeker: Maties verneder Ikeys

Dis mos die Maroen Masjien op sy beste!

Die Maties het die Ikeys Maandagaand in hul Varsitybeker-rugbywedstryd op die Groen Myl genadeloos met 66-5 weggebêre.

Varsitybeker
Duncan Saal rond af vir die Maties in Maandagaand se wegholsege oor die Ikeys. Foto: Jaco Marais

Cornel Smit, die Maties se puik buitesenter, het vier drieë aangeteken in dié eensydige stryd teen hul aartsvyand.

Dit was egter die Maroen Masjien se agtsteman, Stephan Streicher, wat hom op die oomblik van die wedstryd kan roem. Dié bielie van ’n losvoorspeler het die helfte van die veld langs die kantlyn af genael vir ’n drie wat ’n blik gebied het op die verskil tussen die spanne. Ernst van Rhyn, wat al ’n stewige dosis Curriebeker-rugby vir die Westelike Provinsie gespeel het, het ’n groot skeppende hand in die drie gehad.

Benewens Smit het die Matie-snellers Duncan Saal en Edwill van der Merwe ook vir Ikeys yslike hoofbrekens besorg.

Dít als was danksy ’n puik vertoning deur die voorspelers. Teen die einde het hulle die Ikeys só oorhoops geskrum dat die tuisspan seker nie kon wag vir die wedstryd om te eindig nie.

Die Maties was met die rustyd net met 19-5 voor, maar het teen ’n sterk suidoostewind gespeel. Ná die omdraaislag was hulle meedoënloos.

Onder die Ikeys was die uitblinkers maar yl gesaai. Streicher se regstreekse teenstander, Nyasha Tarusenga, het ’n bietjie staal getoon en afgerond ná een van die Ikeys se min goeie skrums.

Die res van dié kragmeting was egter kuikenmoord en dit sekerlik een van die grootste vernederings wat die Maties die Ikeys al in die geskiedenis toegedien het.

Puntemakers:

Maties 66 (19): Drieë: Duncan Saal, Cornel Smit (4), Stephan Streicher (sewepuntdrie), Edwill van der Merwe, Johan Momsen, Sesink-Clee Jordan, Johann van Niekerk. Doelskoppe: Jordan Chait (2), Reinhardt Fortuin (5).

Ikeys 5 (5):  Drie: Nyasha Tarusenga.


Meer oor:  Varsitybeker  |  Maties  |  Ikeys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.