Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Varsitybeker: Maties skop teen Shimlas af

Spanne se posisies op die puntelys ná die rondomtalie-wedstryde van vanjaar se Varsitybeker-rugbyreeks, sal bepaal hoeveel van hul wedstryde in 2020 uitgesaai gaan word.

Daar sal vier wedstryde van die kampioen, Maties, die naaswenner, Tuks, en die Pukke uitgesaai word. Slegs drie wedstryde van die Shimlas, wat vierde op die puntelys geëindig het, sal uitgesaai word.

Die Maties se Chris Smit in aksie tydens vanjaar se Varsitybeker-reeks. Foto: Gallo Images

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) en Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), wat vanjaar die agterosse was, sal slegs twee wedstryde voor die kameras speel.

In ’n herhaling van 2019 se halfeindstryde, pak Maties die Shimlas op 3 Februarie in Stellenbosch, in die openingsweek van die reeks. Tuks sal daardie eerste Maandag gasheer speel vir die Pukke. Albei dié wedstryde word uitgesaai.

Drie van die vier spanne in dié twee groot stryde sal nuwe afrigters hê. Drikus Hancke is onlangs as hoofafrigter van die Stellenbossers aangestel, terwyl Nico Luus die leisels by Tuks oorgeneem het. Die verwagting is dat die voormalige Bok-losskakel André Pretorius die Pukke gaan brei.

UWK, wat volgens ’n woordvoerder van dié universiteit binnekort ’n aankondiging oor ’n opvolger vir wyle Chester Williams as afrigter sal maak, is die eerste Maandag slaags teen Wits in Bellville.

Die UJ en die Ikeys, met Tom Dawson-Squibb as hul nuwe breier, is die eerste Maandag in die Goudstad slaags, terwyl die Ixias ’n loslootjie het.

Net soos vanjaar die geval was, sal daar eers later besluit word watter wedstryde in die laaste twee rondes van die kompetisie gebeeldsend sal word. Dit is sodat wedstryde tussen spanne wat nog in die wedloop is om die uitspeelrondes te haal, wel uitgesaai word.

Die eindstryd word op 13 April gespeel, met ’n wedstryd tussen Noord en Suid, wat vir 21 April geskeduleer is.

Noord sal saamgestel word uit spelers van Tuks, die UJ, Pukke en die Ixias, terwyl Suid sal bestaan uit spelers van Shimlas, Maties, Ikeys en UWK.

Bepalings (tuisspanne eerste):

3 Februarie: Tuks t. Puk (TV), Maties t. Shimlas (TV), UJ t. Ikeys, UWK t. Wits.

10 Februarie: Ikeys t. Puk (TV), Wits t. UJ (TV), Ixias t. Tuks, Shimlas t. UWK.

17 Februarie: Tuks t. UJ (TV), UWK t. Ikeys (TV), Maties t. Ixias, Puk t. Shimlas.

24 Februarie: Wits t. Puk (TV), Tuks t. Shimlas (TV), UWK t. Maties, Ixias t. Ikeys.

2 Maart: Shimlas t. Ixias (TV), Maties t. Tuks (TV), Puk t. UJ, Ikeys t. Wits.

9 Maart: Ixias t. UWK (TV), Maties t. Ikeys (TV), Wits t. Tuks, Shimlas t. UJ.

16 Maart: Ixias t. Wits (TV), Puk t. Maties (TV), Ikeys t. Shimlas, UJ t. UWK.

23 Maart: Ikeys t. Tuks, Wits t. Maties, UWK t. Puk, UJ t. Ixias.

30 Maart: Tuks t. UWK, UJ t. Maties, Puk t. Ixias, Shimlas t. Wits.

6 April: Halfeindstryde.

13 April: Eindstryd.

21 April: Noord t. Suid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.