SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Varsitybeker-reeks hervat Maandag

Die Varsitybeker-rugbyreeks gaan voort, maar wedstryde sal op neutrale stadions en nie meer by universiteite se velde gespeel word nie.

Die reeks hervat Maandag met al die wedstryde wat volgens voorlopige beplanning in die Kaapstad-stadion gespeel sal word. 

Wedstryde wat weens die kampus-onrus uitgestel is, sal ook gespeel word en die FNB-stadion in Soweto kan dalk ook gebruik word om Varsitybeker-kragmetings te huisves.

’n Verklaring sal Donderdag deur Varsity Sports uitgereik word waarin die presiese besonderhede uiteengesit sal word.

Die uitvoerende bestuur van die Varsitybeker-reeks het Woensdag in Kaapstad vergader om oor die toekoms te besin nadat twee rondes se wedstryde uitgestel is.

Die laaste wedstryde is op 22 Februarie gespeel toe betogers die kragmeting tussen die Shimlas en die Madibaz in Bloemfontein ontwrig het.

Wedstryde sal na verneem word voortaan op neutrale stadions gespeel word. Al agt spanne sal elke Maandag op dieselfde stadion in aksie wees.

Die twee rondes van wedstryde wat uitgestel is, sal gedurende die universiteitsvakansie en ook oor die Paasnaweek gespeel word. 

Die wedstryde is glo na neutrale stadions verskuif omdat die borge en universiteite gevoel het die veiligheid van spelers en betrokkenes kan nie op die kampusse self gewaarborg word nie. 

Veiligheidsmaatreëls was na verneem word ’n groot besprekingspunt op Woensdag se vergadering en dit is een van die redes waarom daar besluit is om die wedstryde in neutrale stadions te speel waar sekerheid strenger toegepas kan word.

Dieselfde resep sal glo met die Varsityskild-reeks, Varsitybeker-reeks vir koshuise en die Young Guns-reeks gevolg word. Dié wedstryde sal nie op dieselfde plekke as die Varsitybeker-wedstryde gespeel word nie, aangesien dit ’n logistieke tameletjie sal wees.

Drie rondes se wedstryde is afgehandel voordat bepalings tydelik opgeskort is nadat onrus landwyd op kampusse tot heelwat ontwrigting gelei het.

Die eerste Varsitybeker-atletiekbyeenkoms is ook uitgestel.

Meer oor:  Varsitybeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.